Po­li­sie moet R800 000 op­dok ná mar­te­ling, aan­hou­ding

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Po­li­sie­lid wat ’n bou­wer­ker ge­mar­tel het wat weens die moord op ’n ryk sa­ke­vrou van Kru­gers­dorp in heg­te­nis ge­neem is, het in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria deur­ge­loop.

Drie reg­ters het die mi­nis­ter van po­li­sie be­veel om ska­de­ver­goe­ding van R812 705 aan O­wen Mag­a­gu­la, wat 428 dae lank aan­ge­hou is, te be­taal. Vroe­ër is R150 720 as ska­de­ver­goe­ding aan hom toe­ge­staan, maar hy het voor die vol­bank ge­ap­pel­leer.

Mag­a­gu­la is op 25 Au­gus­tus 2004 on­reg­ma­tig op ’n bou­per­seel in C­han­cliff, Kru­gers­dorp, in heg­te­nis ge­neem weens die moord op Liz­zie Al­berts (50).

Sy is die aand van 15 Au­gus­tus 2004 by haar spog­huis op ’n hoewe in die voor­stad in die nek ge­skiet toe sy op pad was om haar vis­se te voer.

Jef­frey N­di­man­de is op 25 Au­gus­tus 2004 weens die moord in heg­te­nis ge­neem.

Vol­gens Mag­a­gu­la se ge­tui­e­nis het in­sp. Ja­co Gor­don, die on­der­soek­be­amp­te, en sy kol­le­ga hom met ’n plas­tiek­sak “ge­smoor”. N­di­man­de is ook so aan­ge­rand.

Gor­don se “vriend” het ge­sê hul­le moet die waar­heid praat, an­ders gaan hul­le “sh*t”. Hul­le is ge­slaan. Gor­don het Mag­a­gu­la die nag van 26 Au­gus­tus 2004 na sy bly­plek ge­neem en dit deur­ge­soek, maar nie die moord­wa­pen ge­kry nie.

Waar­ne­men­de reg­ter Le­bo­gang Mo­di­ba het ge­sê N­di­man­de en Mag­a­gu­la se ge­tui­e­nis is te ge­de­tail­leerd om dit as leu­ens te ver­werp.

“Ek vind dit ver­ont­rus­tend dat in­sp. Gor­don nie die aan­ty- gings oor die mar­te­ling in sy ge­tui­e­nis ge­han­teer het nie, be­hal­we om dit bloot te ont­ken.”

Sy het ver­skeie pro­ble­me met Gor­don se ge­tui­e­nis, het Mo­di­ba ge­sê.

Hy het die hof nie in sy ver­troue ge­neem oor die in­lig­ting wat hy oor die foon ont­vang het van ’n in­for­mant wat tot ge­volg ge­had het dat hy N­di­man­de ge­ar­res­teer het nie.

By hul eer­ste ver­sky­ning voor die land­dros ná hul ar­res­ta­sie het die twee ge­kla dat hul­le ge­mar­tel word.

’n Paar po­li­sie­le­de het óf aan die aan­ran­ding deel­ge­neem óf die twee se plei­dooie om hulp ge­ïg­no­reer, het die hof be­vind.

Die twee mans was baie lank in aan­hou­ding ter­wyl daar op die uit­slae van DNS-toet­se ge­wag is.

Die aan­klag­te teen hul­le is te­rug­ge­trek om­dat daar nie be- wy­se teen hul­le was nie.

Mag­a­gu­la is uit­ein­de­lik op 18 Ok­to­ber 2005 vry­ge­laat.

Die hof het be­vind Mag­a­gu­la is in die ver­leent­heid ge­stel toe hy op die bou­per­seel voor sy kol­le­gas en toe­sig­hou­er in heg­te­nis ge­neem is.

Geen be­drag kan hom ver­goed vir die sken­ding van sy vry­heid, mens­waar­dig­heid en per­soon­li­ke vei­lig­heid nie, lui die uit­spraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.