‘JZ­moord’: Man dalk staats­pa­si­ënt

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Die man wat glo waar­sku­wings oor ’n “moord­kom­plot” teen p­res. Ja­cob Zu­ma aan ver­skeie ho­ë­pro­fiel­men­se ge­stuur het, sal dalk tot ’n staats­pa­si­ënt ver­klaar word.

“Dr.” I­tu­me­leng Er­nest N­ko­si (25) van S­har­pe­vil­le is in Fe­bru­a­rie in heg­te­nis ge­neem op aan­klag­te van be­drog en die oor­tre­ding van die Wet op die In­tel­li­gen­sie­diens.

Vol­gens hom sou daar on­der meer gif op die sit­plek­ke van die pre­si­dent se voer­tuig ge­wees het.

By ’n vo­ri­ge ver­sky­ning in die land­dros­hof in P­re­to­ria is N­ko­si vir waar­ne­ming na die We­skop­pies- psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal ver­wys.

Lui­dens die psi­gi­a­trie­se ver­slag ly hy aan ’n soort waan­ver­steu­ring en sal hy dus nie ver­hoor kan word nie.

“Hy sal nie hof­pro­se­du­re ver­staan of be­te­ke­nis­vol tot sy ver­de­di­ging kan by­dra nie.

“Ty­dens die be­weer­de oor­tre­ding is die be­skul­dig­de so deur die ver­steu­ring ge­raak dat hy nie tus­sen reg en ver­keerd kon on­der­skei nie.”

Op grond hier­van het die kan­toor van die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging (DOV) ge­las dat N­ko­si weer na We­skop­pies ver­wys word.

Dié keer sal hy deur ’n pa­neel des­kun­di­ges ge­ë­va­lu­eer word wat hom in­ge­vol­ge die Wet op Gees­tes­ge­sond­heid tot ’n staats­pa­si­ënt kan ver­klaar.

N­ko­si sal dan in ’n in­rig­ting aan­ge­hou en ver­sorg word.

I­tu­me­leng Er­nest N­ko­si

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.