Myn­wer­ker se lyk ná stor­ting ge­vind

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

Red­dings­wer­kers het gis­ter die lyk op­ge­spoor van ’n myn­wer­ker wat dood is in ’n grond­stor­ting in die Im­pa­la Pla­ti­num­myn na­by Rus­ten­burg.

Die toe­stan­de is nog te on­vei­lig om die lyk na die op­per­vlak te bring, sê A­li­ce Lou­rens, Im­plats-woord­voer­der.

Hul­le soek na nog ’n myn­wer­ker wat Maan­dag in die stor­ting in die nr. 1-skag vas­ge­keer is.

Se­we an­der myn­wer­kers in die span kon weg­kom en is daar­die dag in vei­lig­heid ge­bring.

Vol­gens Lou­rens moet hul­le nou se­ker maak die red­dings­wer­kers is ook vei­lig om­dat die ge­bied nou baie on­sta­biel is.

Grond­stor­tings is al­tyd ’n ge­vaar in my­ne, maar voor­ko­mings­maat­re­ëls is wel ge­tref.

Die na­me van die twee myn­wer­kers is nie be­kend ge­maak nie. Hul fa­mi­lies word on­der­steun deur die myn, die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne en die myn­wer­kers­vak­ver­bond A­m­cu, sê Im­plats in ’n ver­kla­ring.

Te­ren­ce Good­la­ce, uit­tre­den­de uit­voe­ren­de hoof van Im­plats, sê die ge­beu­re is tra­gies.

“Ons is ook groot dank ver­skul­dig aan die soek-en-red­ding­span­ne, as­ook aan die de­par­te­ment en A­m­cu vir hul on­der­steu­ning.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.