‘Po­li­sie­werk ly weens Val­ke­on­der­soe­ke’

Beeld - - Wêreld­-Beeld - Ni­co Gous

Die Val­ke se ver­meen­de po­li­ties ge­dre­we on­der­soe­ke maak die goeie werk van die po­li­sie on­ge­daan en daar moet oor­weeg word om die een­heid te skuif.

“Jy sit met ’n struk­tuur in die po­li­sie waar­oor die na­si­o­na­le kom­mis­sa­ris eint­lik bit­ter min be­heer het,” het dr. Jo­han Bur­ger, se­ni­or na­vor­ser van die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid­stu­die (ISS), gis­ter op ’n ISS-se­mi­naar oor po­li­si­ë­ring ge­sê.

“Wan­neer die Val­ke hul­le be­ge­we in wat lyk soos po­li­ties ge­dre­we on­der­soe­ke, dan re­flek­teer dit on­guns­tig op die res van die po­li­sie.”

Die Val­ke is ’n een­heid in die po­li­sie waar­van die hoof di­rek ver­slag doen aan die mi­nis­ter van po­li­sie en nie aan die na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris nie.

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­kom­mis­sa­ris, wou hom op die se­mi­naar nie uit­laat oor die Val­ke se on­der­soek na Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, weens die “ro­gue u­nit” wat in sy tyd as hoof van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) glo ge­spi­oe­neer het op be­las­ting­be­ta­lers nie.

“So­dra ons al die fei­te in­ge­ryg het, wat dalk kan wys dat daar ê­rens ’n vorm van on­reg­ma­tig- heid is, sal ’n saak aan die na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging voor­ge­lê word. Ek glo nie aan ’n on­der­soek of ver­hoor deur die me­dia nie.”

P­hahla­ne sê die po­li­sie het “my­le voor­uit be­weeg” van waar die in­stel­ling was voor­dat hy op 14 Ok­to­ber ver­le­de jaar aan­ge­stel is.

Hul­le is be­sig om die voor­heen “wan­funk­si­o­ne­le” po­li­sie­struk­tu­re te ver­an­der as deel van die po­li­sie se veld­tog om te­rug te keer na die fun­da­men­te­le be­gin­sels.

Voor­heen was een ad­junk- na­si­o­na­le kom­mis­sa­ris ver­ant­woor­de­lik vir ver­skeie tak­ke van die po­li­sie.

Nou word dit ver­deel, met die speur­tak, mis­daad­in­tel­li­gen­sie­diens en fo­ren­sie­se diens­te wat saam be­stuur word en sig­ba­re po­li­si­ë­ring, re­ak­sie­tye en be­sker­mings­diens­te saam. Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Dr. Jo­han Bur­ger

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.