Gautrein­ry­ers be­taal gou meer

Beeld - - Wêreld­-Beeld - Ren­eil­we Dhludhlu

Die so­wat 61 000 men­se wat daag­liks Gautrein ry, gaan van die be­gin van Ju­nie af ge­mid­deld 6,3% meer moet be­taal vir hul kaart­jies.

Die Gautrein se be­stuur het dié jaar­lik­se ta­rief­sty­ging as “klein” be­skryf en ge­sê dit strook met die ver­brui­kers­prys­in­deks.

Pas­sa­siers wat tus­sen 06:30 en 07:30 met die Gautrein ry, sal heel­wat meer be­taal as dié wat voor 06:00, tus­sen 08:30 en 15:30 en ná 18:00 ry.

Van Ju­nie ver­le­de jaar be­taal ’n Gautrein­ry­er ge­du­ren­de die hoë spits­tyd van die Hat­field-sta­sie na O.R. Tam­bo-lug­ha­we R164 vir die rit. Van 1 Ju­nie af gaan dit R10 meer kos.

Die ta­rief vir ’n rit van Park­sta­sie in Jo­han­nes­burg na Hat- field-sta­sie in P­re­to­ria ge­du­ren­de spits­tyd is nou R65, maar sal van 1 Ju­nie af R69 be­loop.

Die bui­te­spits­tyd­ta­rief vir ’n rit van Hat­field-sta­sie na die P­re­to­ria-sta­sie sal met slegs R1 styg.

Met ’n kaart­jie vir rit­te sal ’n pas­sa­sier 7,5% min­der be­taal as wat hy sou be­taal het as hy en- kel­kaart­jies vir el­ke rit ge­koop het. Die af­slag op ’n kaart­jie vir 44 rit­te sal 15% min­der kos as wat so­veel en­kel­kaart­jies sou kos.

Vol­gens Gautrein se be­stuur het die aan­tal pas­sa­siers die af­ge­lo­pe jaar tot ein­de Maart met 3,7% toe­ge­neem tot 15 465 526, teen­oor die voor­af­gaan­de jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.