Le­wens­ver­wag­ting in SA ver­be­ter min­der as el­ders

Beeld - - Wêreld­-Beeld - El­sa­bé B­rits

Suid-A­fri­ka­ners se le­wens­ver­wag­ting by ge­boor­te ver­be­ter sta­dig maar se­ker, maar nie so­veel soos die res van die wê­reld s’n nie.

Die ri­si­ko is ook groot dat hul­le aan ’n nie­oor­draag­ba­re siek­te sal sterf.

Mans in Suid-A­fri­ka se le­wens­ver­wag­ting is nou 59,3 jaar (57 in 2013) en vroue s’n 66,2 jaar (64), vol­gens die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie (WGO).

Hy het gis­ter sy jaar­lik­se sta- tis­tie­ke vir 194 lan­de be­kend ge­maak.

Wê­reld­wyd is die ge­mid­del­de le­wens­ver­wag­ting vir ’n kind wat in 2015 ge­bo­re is 71,4 jaar.

Suid-A­fri­ka is een van die lan­de waar nie­oor­draag­ba­re siek­tes die mees­te voor­kom en die moont­lik­heid dat ’n mens van tus­sen 30 en 70 daar­aan kan sterf, is by­na 27%. Dit sluit di­a­be­tes ti­pe 1 en 2, hart­siek­tes, kan­ker, hi­per­ten­sie, be­roer­te en an­der chro­nie­se siek­tes in.

In A­me­ri­ka is die ri­si­ko 14,3%.

Van die an­der sy­fers in die ver­slag is: ) By­na 6 mil­joen kin­ders sterf jaar­liks voor hul vyf­de ver­jaar­dag. ) So­wat 1,25 mil­joen men­se sterf jaar­liks in pad­on­ge­luk­ke. ) So­wat 4,3 mil­joen sterf weens lug­be­soe­de­ling wat ver­oor­saak word deur oop kos­vu­re en drie mil­joen weens an­der be­soe­de­ling. ) 475 000 men­se word ver­moor, van wie die mees­te mans is. ) In Suid-A­fri­ka pleeg 800 000 men­se jaar­liks self­moord.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.