503 erns­ti­ge oor­tre­dings in hos­pi­ta­le in Gau­teng aan­ge­meld, sê Mahlan­gu

Beeld - - Wêreld­-Beeld - – Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Gau­teng se ge­sond­heids­de­par­te­ment het stap­pe by 30 ver­skil­len­de hos­pi­ta­le ge­doen waar 503 erns­ti­ge per­so­neel­oor­tre­dings ver­le­de jaar aan­ge­meld is.

Qe­da­ni Mahlan­gu, LUR vir ge­sond­heid, sê die ge­val­le hou ver­band met die be­na­de­ling van pa­si­ën­te deur be­weer­de na­la­tig­heid, on­be­voegd­heid, stel­sel­mis­luk­king en dat pa­si­ën­te son­der toe­sig ge­laat is.

Vol­gens die de­par­te­ment het die op­tre­de teen die per­so­neel in­ge­sluit skor­sings met of son­der be­ta­ling ge­volg deur mon­de­lin­ge of skrif­te­li­ke waar­sku­wings en af­dan­kings.

Jack Bloom, DA-woord­voer­der oor ge­sond­heid in Gau­teng, wou weet in wat­ter hos­pi­ta­le die oor­tre­dings ge­beur het, maar vol­gens hom wou die de­par­te­ment nie sê nie.

“Na­la­ti­ge op­tre­de in staats- hos­pi­ta­le moe­nie ge­heim ge­hou word nie. Men­se het die reg om te weet wat­ter hos­pi­ta­le die na­la­tig­ste is wan­neer hul­le pa­si­ën­te be­han­del.”

Bloom wil nou in­ge­vol­ge die Wet op die Be­vor­de­ring van Toe­gang tot In­lig­ting (Paia) aan­soek doen om die in­lig­ting oor wat­ter hos­pi­ta­le be­trok­ke is, te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.