‘JZ is on­aan­tas­baar in ANC’

Beeld - - Wêreld­-Beeld - Jan Ger­ber

Kaap­stad. – Moe­nie dink daar is ’n moont­lik­heid dat e­ni­ge se­ni­or ANC-lid p­res. Ja­cob Zu­ma kan be­vraag­te­ken oor sy es­ka­pa­des nie, sê Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er.

Hy het gis­ter aan die Kaap­se Pers­klub ge­sê dit is moei­lik om die land tans te be­skryf son­der om die woord kor­rup­sie te ge­bruik.

“Die kern hier­van is dat die land ge­lei word deur ’n par­ty wat be­sig is om in te plof. Aan die stuur van al dié kas­ke­na­des is ’n pre­si­dent wat on­aan­tas­baar ge­word het. Selfs die­ge­ne na aan hom kan klaar­blyk­lik nie rem trap nie. Die land is dus op­ge­skeep met hier­die ge­drog­te­li­ke in­di­vi­du wat geen ont­sag vir die op­per­ge­sag van die reg het nie.”

Vol­gens Ho­lo­mi­sa het Zu­ma suk­ses­vol ge­kon­kel om el­ke se­ni­or lid van die ANC deur pa­tro­naat­skap dor­mant te maak in die par­le­ment. “Daar is daar­om geen moont­lik­heid dat e­ni­ge se­ni­or lei­er van die re­ge­ren­de par­ty in die NUK hom oor sy es­ka­pa­des gaan be­vraag­te­ken nie.”

Ho­lo­mi­sa meen die ANC se bin­ne­ge­veg­te het nou ’n baie ge­vaar­li­ke skuif tot ge­volg waar voor­ma­li­ge ju­ni­or MK- le­de teen hul voor­ma­li­ge lei­ers op­ge­stel word.

“Hy [Zu­ma] het ’n ba­tal­jon van voor­ma­li­ge ju­ni­or MKa­gen­te ge­ak­ti­veer ter ver­de­di­ging van sy N­kand­la-skan­daal en sy fa­mi­lie en vrien­de die Gup­tas, ter­wyl voor­ma­li­ge se­ni­or lei­ers van O­pe­ra­sie Vu­la, soos Pra­vin Gord­han, aan die teen­oor­ge­stel­de kant van die slag­veld staan.”

Vol­gens is die “nu­me­rie­se ar­ro­gan­sie van die re­ge­ren­de par­ty” en die ge­bruik van staats­vei­lig­heids­a­gent­skap­pe die “nu­we wa­pen om an­der sie­nings stil te maak”.

In­tus­sen is die land in ’n staat van a­nar­gie, sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.