On­nie in ar­res ná sko­le brand

Hy, ANC­raads­lid en an­der aan­ge­hou

Beeld - - Wêreld­-Beeld - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n On­der­wy­ser van Vuwani is een van die 21 men­se wat ag­ter tra­lies is om­dat hul­le glo be­trok­ke was by die af­brand van 24 sko­le in die ge­bied.

E­d­zi­sa­ni Mut­hat­he van die Ma­do­bi-ne­der­set­ting het eer­gis­ter saam met 11 van die ver­dag­tes in die land­dros­hof in Ma­la­mu­le­le ver­skyn. Die res het vroe­ër in die land­dros­hof in T­ho­hoy­an­dou ver­skyn.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er in Lim­po­po, sê hy is ui­ters ge­skok om­dat Mut­hat­he glo deel was van die groep wat bran­de ge­stig het.

“Ons dring daar­op aan dat hy sum­mier ge­skors word.”

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woord­voer­der van die on­der­wys­de­par­te­ment in Lim­po­po, kon nie dui­de­lik­heid gee oor of daar teen Mut­hat­he op­ge­tree sal word nie.

Ta­ka­la­ni Ts­ha­vhuyo, ’n ANCraads­lid van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt, het saam met Mut­hat­he in die be­skul­dig­de­bank ge­staan. Die ver­dag­tes is weens brand­stig­ting, o­pen­ba­re ge­weld en op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging in heg­te­nis ge­neem.

Hul­le wou om borg­tog aan­soek doen, maar die staat het ge­vra dat die ver­rig­tin­ge vir ver­de­re on­der­soek uit­ge­stel word.

Al hoe meer leer­lin­ge en on­der­wy­sers het gis­ter by sko­le in die Vuwani-streek op­ge­daag. Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, hou ver­ga­de­rings met on­der­wy­sers wat be­weer dat hul­le ge­ïn­ti­mi­deer word om nie klas te gee nie.

Ra­si­la sê die af­le­we­ring van mo­bie­le klas­ka­mers vor­der goed.

Agt mo­bie­le klas­ka­mers is by die V­hu­d­za­ni Se­con­da­ry S­chool af­ge­le­wer en agt by die Frank Muk­ha­swa­ku­le P­ri­ma­ry S­chool.

Vier mo­bie­le klas­ka­mers is by die Ku­ru­le­ni S­chool op­ge­slaan en die V­ha­fa­ma­di Se­con­da­ry S­chool in Mas­hau, so­wat 30 km van Vuwani, sal agt mo­bie­le klas­ka­mers kry. Die Ma­vhi­na Se­con­da­ry S­chool het drie mo­bie­le klas­ka­mers ge­kry en die Ts­hi­vha­de en die Mas­hau P­ri­ma­ry S­chool elk twee.

76 mo­bie­le klas­ka­mers sal in die ge­bied ver­sprei word.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê 234 mo­bie­le klas­ka­mers is no­dig om die so­wat 50 000 leer­lin­ge wie se sko­le ver­woes is, te help. So­wat 2 000 ma­triek­leer­lin­ge word ge­raak deur die af­bran­ding van sko­le.

Die de­par­te­ment van on­der­wys in Lim­po­po het boon­op 350 en­kel­les­se­naars en 220 dub­bel­les­se­naars vir die Vuwani-sko­le ge­koop. “Ons is be­sig om skryf­be­hoef­tes en hand­boe­ke te koop,” sê Ra­si­la.

Die po­li­sie sal in die ge­bied ont­plooi bly.

Die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le taak­span, wat Mahlo­bo, Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, en Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, in­sluit, ver­ga­der nog met die ge­meen­skap. Daar is nog groot on­te­vre­den­heid on­der die mees­te in­wo­ners van Vuwani om­dat hul­le nie in ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wil wees wat Ma­la­mu­le­le sal in­sluit nie.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Leer­lin­ge vroe­ër van­dees­week in ’n klas­ka­mer van die Ma­li­ga­na Wil­son Se­con­da­ry S­chool in die Vuwani­ge­bied in Lim­po­po. Dis een van die tal­le sko­le daar wat on­der ge­weld deur­ge­loop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.