Oom Jan weet die lang pad is goed vir die siel

Beeld - - Kommentaar - I­vor P­ri­ce is ’n SABC2­nuus­le­ser en me­de­aan­bie­der van op RSG.

Vry­dag­mid­dag ná ’n praat­jie op Wor­ces­ter spring ek langs oom Jan Mei­ring op die voor­ste sit­plek van sy werk­lor­rie in. My ba­ga­sie is voor­af met ’n tou op die lor­rie se bak vas­ge­maak so­dat ons da­de­lik in die pad kan val.

Ons moet lug­ha­we toe. My vlug ver­trek oor min­der as twee uur en ek durf dit nie ver­pas nie, want ek het ’n aand­ge­leent­heid in Jo­han­nes­burg waar­voor ek be­tyds móét wees.

Ek is vie­se­rig, want die lor­rie stink na rook en ek kom nog tot ver­haal daar­oor dat ek die pad in ’n vrag­mo­tor moet aan­durf – en dít in ’n aand­pak.

Maar dis ’n nood-leer-bid-si­tu­a­sie, want daar is geen mo­tors be­skik­baar nie.

Oom Jan het ook nie vrees­lik lus vir die mid­dag­trip­pie Kaap toe nie. Dit is tjai­la­tyd en hy sou veel eer­der vroe­ër by sy vrou, Han­nie, op S­tel­len­bosch wil uit­kom.

Hy laat my ook goed ver­staan dat hy veel eer­der met die Du­toits­kloof­pas oor die berg sou wou ry.

Dit duur nou wel lan­ger as die Hu­ge­no­te­ton­nel, maar hy het oor die ja­re ge­leer die lang pad is goed vir die siel. Die kort­paaie lei in elk ge­val net tot kron­kel­paaie.

In die 18 jaar dat hy ’n dry­wer by die Bo­land-Kol­le­ge is, het hy net een spoed­kaart­jie ge­kry, sê die oom en sug toe ek hom vra om voet in die hoek te sit.

Tóé moes hy ook in op­drag van sy werk­ge­wer vin­nig by ’n plek uit­kom. Ná ’n lang ge­suk­kel het sy oud­baas da­rem die boe­te uit sy gat­sak be­taal.

Teen dié tyd smag oom Jan na ’n “si­ga­ret­jie”. Hy rol die ven­ster­ruit af en loer in die rig­ting van sy pak­kie 20’s.

El­ke werk­dag ry hy mak­lik 300 km. Hy ken die Wes-Kaap soos die palm van sy hand en het nog nooit ’n GPS no­dig ge­had nie. Dit is eg­ter ’n heel an­der sto­rie as hy die slag by sy “mei­sie­kin­ders in­nie Trans­vaal” gaan kui­er.

Oom Jan is ’n goeie sto­rie­ver­tel­ler en sy ge­sel­skap maak die pad kor­ter.

Hy praat boon­op met so­veel deer­nis van sy vrou en hul vier dog­ters – hul loop­ba­ne, lief­de vir die­re, hul dro­me en sy vre­se dat hul­le iets sal oor­kom. Hy het juis on­langs ’n be­nou­de oom­blik ge­had toe die een se kar weens ’n bot­sing af­ge­skryf is.

By die lug­ha­we aan­ge­kom het hy die lor­rie ge­par­keer, die tou om my kof­fer (soos hy dit ge­noem het) los­ge­maak en met ’n groot glim­lag staan en kyk hoe ek die lug­ha­we se ver­trek­saal bin­ne­storm.

Maan­dag­og­gend laat weet ie­mand my oom Jan is dood.

Hy het blyk­baar net oor maag­pyn ge­kla, waar­na hy in die hos­pi­taal oor­le­de is.

Hy het nou die lang pad huis toe ge­vat, het ek ag­ter­na ge­dink. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.