T­rein wat el­ke keer ure laat is, stel te­leur

Beeld - - Kommentaar - Daan S­chee­pers van East Lyn­ne skryf:

Ek het die laas­te tyd drie keer in die S­ho­so­lo­za Meyl ge­reis en was el­ke keer te­leur­ge­steld.

My eer­ste reis was van Port E­li­za­beth na Jo­han­nes­burg. Hoe­wel ons be­tyds ver­trek het, het ons ons be­stem­ming drie uur laat be­reik.

Die te­rug­tog het som­mer op ’n treu­ri­ge noot be­gin toe ons Jo­han­nes­burg 1½ uur laat ver­laat het. Die re­de wat aan­ge­voer is, is dat die Kaap­stad­trein, wat twee uur laat ver­trek het, op die ver­keer­de plat­form in­ge­trek het.

Ons het Port E­li­za­beth vier uur laat be­reik.

My laas­te rit was die­self­de as die eer­ste een. Dié slag het ons 2½ uur laat uit Port E­li­za­beth ver­trek. Die re­de wat die trein­be­stuur­der ge­gee het, is dat daar ’n pro­bleem met die e­lek­trie­se een­heid is en dat hul­le be­sig was om dit te her­stel.

Uit ’n an­der oord het ek ver­neem hul­le wag vir ’n dry­wer.

Die vol­gen­de og­gend het die be­stuur­der ons an­der­kant Bloem­fon­tein (nou was ons al 4½ uur laat) mee­ge­deel dat hul­le bus­se ge­re­ël het om ons van Hen­nen­man na Jo­han­nes­burg te neem.

Ek deel die be­stuur­der toe mee dat ek ’n pen­si­oen­trek­ker is en nie kans sien om in die bus te ry nie. Sy sê toe dat daar tus­sen Sa­sol­burg en Ve­ree­ni­ging sin­jaal­pro­ble­me is wat ver­de­re ver­tra­gings gaan ver­oor­saak.

Ek dring toe daar­op aan om op die t­rein te bly en toe ver­an­der sy haar deun­tjie en sê die t­rein gaan in Kroon­stad staan om­dat daar nie ’n af­los­be­stuur­der is nie. Die dry­wer is glo op pad van Jo­han­nes­burg en ek moet af­klim. Hoe­kom in Hen­nen­man en nie in Kroon­stad nie weet ek nie.

So klim al­mal, in­slui­tend al die trein­per­so­neel­le­de, in Hen­nen­man af en die t­rein ver­trek Kroon­stad toe. Ons be­reik Jo­han­nes­burg die aand 18:00.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.