Net soos Crou­camp smoor Chris­te­ne ook de­bat

Beeld - - Kommentaar - An­dries Ter­blan­che van Mid­del­burg skryf:

Wil­helm Jor­daan vra in “Crou­camp ver­kon­dig net sy eie dog­ma” ( Beeld, 18 Mei) oor Piet Crou­camp se uit­spra­ke oor gods­diens­ti­ge fi­gu­re of Crou­camp se uit­bars­ting sal by­dra tot ’n de­bat oor die ge­mel­de sen­si­tie­we on­der­werp?

Ek ver­stout my om te meld dat ek twy­fel of sy aan­slag ’n de­bat moont­lik maak. Maar dan is dit ver­der my be­le- we­nis dat e­ni­ge de­bat met Chris­te­ne, al is dit ook hoe ge­tem­per, waar dit gaan oor hul sie­nings en ge­loof, nie ver­wel­kom word nie.

Die ant­woord is een­vou­dig net “dit is wat ek glo” en jy is op die ver­keer­de pad en ons sal vir jou bid. Die “bid”-ge­deel­te word met groot self­vol­daan­heid en meer­der­waar­dig­heid die aan- hoor­der toe­ge­voeg. So ’n hou­ding maak ’n de­bat on­moont­lik.

Stel jou voor hoe sou al­mal nie baat kon vind by so ’n de­bat nie.

Crou­camp se uit­spraak word eint­lik ver­wel­kom deur die ge­lo­wi­ges, want dit is ’n be­ves­ti­ging van hul sie­ning dat om ’n de­bat met af­val­li­ges te voer geen doel sal dien nie.

Piet Crou­camp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.