Nóg ge­sprek­ke no­dig

Beeld se “Waarheen met A­fri­kaans en sy men­se?” is die laas­te we­ke om­skep in ’n soort luis­ter­pos waar jy ’n ver­skei­den­heid sie­nings en in­sig­te kon ver­neem oor A­fri­kaans, oor A­fri­ka­ners en oor die taal­ge­meen­skap se ver­deel­de, ste­kel­ri­ge ver­le­de, skryf Tim d

Beeld - - Middelblad - Du P­les­sis is gas­re­dak­teur van die reeks en hoof van nuus by kykNET.

Was daar al ooit ’n ge­leent­heid waar so ’n breë spek­trum van A­fri­kaans­ta­li­ges in een “ver­trek” was, by wy­se van spre­ke?

En bin­ne hoor­af­stand van me­kaar? Ek glo nie. En­ke­le eer­ste in­druk­ke: ) Geen to­wer­for­mu­le vir A­fri­kaans se voort­be­staan op me­di­um en lang ter­myn het ver­skyn nie;

) Ver­re­weg die mees­te deel­ne­mers glo nie net A­fri­kaans het die reg op ’n vas­te staan­plek nie, dis ook no­dig dat die A­fri­kaan­se ge­meen­skap in­tree en pro­ak­tief raak om die sta­tus van be­dreig­de spe­sie te ver­my;

) “A­fri­ka­ner” is pro­ble­ma­ties weens die ge­skie­de­nis van uit­slui­ting en ver­druk­king van swart en bruin A­fri­kaan­ses;

) Bruin A­fri­kaans­spre­ken­des het ’n (ho­pe­lik weer­leg­ba­re) sus­pi­sie dat wit A­fri­ka­ners eint­lik maar net hul eie oor­le­wing en ge­rief in ge­dag­te het;

) Die ge­sprek is ro­buus. Ve­ral die A­fri­ka­ners vat houe, maar nie­mand was nog on­houd­baar af­wy­send nie;

) ’n Paar be­te­ke­nis­vol­le stem­me is nog nie ge­hoor nie; en

) Daar moet nog baie ge­praat word. As ons die ge­sprek hier ver­ge­lyk met die tyd­lyn van SuidA­fri­ka se po­li­tie­ke oor­gang in die vroeë 1990’s, is ons nou by talks a­bout talks. Dis ’n frus­tre­ren­de fa­se wat ge­ken­merk word deur twee treë vo­ren­toe, een tree te­rug. Vor­de­ring ge­skied in ba­ba­tree­tjies.

’n Ver­de­re oor­een­koms met die po­li­tie­ke oor­gang is dat die be­lang­rik­ste rol­spe­lers hul lots­ver­bon­den­heid be­sef. Op geen ma­nier kan dit vol­hou­baar goed gaan met A­fri­kaans as dit sleg gaan met Suid-A­fri­ka nie. Ons is saam in hier­die ding.

Dirk Her­mann van So­li­da­ri­teit en Chris­to van der R­hee­de van A­gri SA het ver­skil­len­de in­vals­hoe­ke op A­fri­kaans-in-in­ter­ak­sie-me­tSuid-A­fri­ka.

Her­mann sê ver­geet van die “mag van die staat”. Gaan eer­der vir die mag van die ge­meen­skap, wat ge­bou en uit­ge­bou moet word.

Van der R­hee­de glo A­fri­kaans se toe­koms sal ver­se­ker wees as haar men­se “woel en wer­skaf . . . om die gro­ter be­vol­king tot diens te wees”.

“Op dié ter­rein skep A­fri­kaans­spre­ken­des we­der­syd­se be­grip en nu­we ven­noot­skap­pe om Suid-A­fri­ka­ners te ver­e­nig in die stryd teen al­ler­lei maat­skap­li­ke eu­wels.”

Sou dié twee uit­gangs­pun­te me­kaar oor en weer uit­sluit, met an­der woor­de, dis óf die een óf die an­der? Ho­pe­lik nie. Dit sal in­te­res­sant wees om te sien wat van die kon­struk “A­fri­ka­ner” gaan word na­ma­te die di­na­miek in die A­fri­kaan­se ge­meen­skap ver­der ont­vou.

Ook die di­na­miek in die breë Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing, waar in­ge­lig­te ken­ners dees­dae weer waar­sku oor die her­ry­se­nis van et­ni­si­teit.

Ek sal graag wil weet wat bruin deel­ne­mers sê oor prof. Wan­nie Car­stens van Pot­chef­stroom se pi­kan­te ver­kla­ring dat “. . . bruin men­se dus ook A­fri­ka­ners (is) of ons dit nou wil weet of nie”.

Moet hom tog nie mis­ver­staan nie. Car­stens leef, eet en droom in­klu­sie­we A­fri­kaans.

Wit A­fri­ka­ners is be­sig met hul eie me­ta­mor­fo­se. Vir my voel “die volk” ’n bie­tjie gis­ter en eer­gis­ter. Jy kan net ’n volk wees as jy ’n land/grond­ge­bied het. An­der sê weer in die be­nou­en­de tye wat Suid-A­fri­ka tans deur­maak, raak hul A­fri­ka­ner­skap vir hul­le al hoe be­lang­ri­ker.

My eie pri­mê­re i­den­ti­teit is SuidA­fri­kaans. Maar ek ag my to­taal ge­bon­de aan die vol­le A­fri­kaan­se ge­meen­skap, die taal en die kul­tuur.

De­mo­gra­fie is lots­be­stem­ming, sê die ge­leer­des. En die de­mo­gra­fie vir A­fri­ka­ners is nie guns­tig nie. Al hoe min­der A­fri­ka­ner­ba­ba­tjies word ge­bo­re.

Om die ge­raam­de 750 000 men­se in die “A­fri­ka­ner­di­a­spo­ra” by te tel, help ook nie. Bin­ne een ge­slag sal daar nie meer A­fri­ka­ners oor- see wees nie, net Aus­sies, B­rit­te of Ka­na­de­se wie se ou­ers lank ge­le­de uit Suid-A­fri­ka ge­kom het. Prof. Hein Wil­lem­se het in sy by­drae dié week die on­der­wys uit­ge­lig as ’n ruim­te waar A­fri­kaans ge­stres is. “An­ders as wat so dik­wels be­re­de­neer word, sien die meer­der­heid Suid-A­fri­ka­ners – die an­der ons – on­der­rig­in­stan­sies as na­si­o­na­le ba­tes, nie as et­nie­se en­kla­ves nie . . .”

E­nig­ie­mand wat in die Suid-A­fri­ka van 2016 nog glo S­tel­len­bosch en Pot­chef­stroom, die e­nig­ste twee kam­pus­se met ’n be­dui­den­de ge­tal A­fri­kaans­spre­ken­des, kan “et­nie­se en­kla­ves” wees, leef in ’n droom­wê­reld.

Óf die­ge­ne wat in­tree vir die be­houd van A­fri­kaans as ’n a­ka­de­mie­se on­der­rig­taal is on­be­hol­pe en on­dui­de­lik oor hul mo­tie­we óf hul­le word be­re­kend en kwaad­wil­lig ver­keerd ver­staan en voor­ge­stel.

Wil­lem­se stip die “in­voer van A­fri­kaans as ’n amps- en on­der­rig­taal” aan as een van A­fri­kaans se “fe­no­me­na­le pres­ta­sies”.

Dis al waar­voor die taal­stry­ders op kam­pus­se vra: dat die on­der­rig­taal­sta­tus van A­fri­kaans be­houe bly.

By in­stel­lings wat ook húl­le as na­si­o­na­le ba­tes sien en waar A­fri­kaans ’n staan­plek – nie oor­heer­sing nie – ver­dien.

En voorts om ’n teen­voe­ter te wees vir die stig­ma­ti­se­ring van A­fri­kaans deur die re­pro­duk­sie van die wan­op­vat­ting dat ’n kwa­li­fi­ka­sie wat in A­fri­kaans ver­werf is van nul en ge­ner waar­de is. Dié fa­se van die “Waarheen met A­fri­kaans?” staan nou ein­de se kant toe. Nog een of twee stem­me sal aan­staan­de week ge­hoor word. Dan sal daar be­stek op­ge­neem word.

Ons moet sta­dig­aan aan­be­weeg van ge­sprek­ke oor ge­sprek­ke na ’n vol­gen­de fa­se.

Die by­dra­es van die af­ge­lo­pe drie we­ke skep vir ons ’n no­tu­le vir die vol­gen­de ron­de, wat dit ook al mag wees. Waar ons kan be­gin met “sa­ke voort­sprui­tend uit die no­tu­le”.

Die uit­da­ging vir A­fri­kaans en haar men­se (“haar” want dis ’n moe­der­taal) is vir my goed ver­woord in die slot­pa­ra­graaf van Hein Wil­lem­se se stuk dié week: “Ons het ’n in­drin­gen­de so­si­a­le ge­sprek no­dig wat moet lei tot nu­we ver­stand­hou­dings. Waar pas A­fri­kaans en an­der in­heem­se ta­le in ons sa­me­le­wing in?

“Ons is ’n veel­ta­li­ge, di­ver­se land en dit is in ons al­mal se be­lang dat daar­die di­ver­si­teit be­skerm moet word.”

As ons bly vas­hou daar­aan dat A­fri­kaans ’n in­te­gra­le deel van Suid-A­fri­ka se kos­ba­re di­ver­si­teit is, is ons op ste­wi­ge grond. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.