Toe slyp ek en slyp haar tot sy klink en blink

Beeld - - Middelblad - Ger­hard van Huys­steen Woord­wis­se­ling Van Huys­steen werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut vir A­fri­kaans. ger­hard@vi­va­a­fri­kaans. org

Ba­suin ’n Net­werk24-kop dit op 16 A­pril uit: “A­fri­kaans bal haar vuis in Hol­land.” In die be­rig oor die A­fri­kaan­se Kul­tuur­fees Am­ster­dam skryf A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber oor A­fri­kaans: “Sy het haar­self be­hoor­lik los­ge­wik­kel uit die bors­trok van af­ge­saag­de de­bat oor haar lot.”

Die bit­ter­bal­le braak weer in die kom­men­taar on­der­aan die be­rig ’n gal­storm in ’n es­pres­so­kop­pie los. “Van wan­neer af is A­fri­kaans vrou­lik? Waar­om is dit nie-wit­tes [sic] en link­ses, soos Krog, wat [in Ne­der­land] is om ’n se­ke­re beeld van A­fri­kaans uit te dra en nie deur­snee [sic] blan­ke ou­teurs nie?” sê­kla ene Jo­han Bek­ker.

As S­te­ve Hof­meyr eg­ter ’n paar we­ke la­ter in Beeld (7 Mei 2018) skryf: “A­fri­kaans moet die skuld­mo­tief af­skud en haar trots her­win . . . Sy is ’n reu­se­taal in al­le op­sig­te,” is daar geen en­ke­le ma­ra wat Hof­meyr oor sy voor­naam­woord­ge­bruik ka­pit­tel nie.

Kan ons in A­fri­kaans na ’n taal ver­wys deur ge­bruik te maak van vrou­li­ke voor­naam­woor­de soos “sy” en “haar”?

Aan die een kant is daar die kwes­sie van taal­kun­di­ge ge­slag. Ek on­der­skei tus­sen (1) lek­si­ka­le ge­slags­aan­dui­ding (“koei” teen­oor “bul”); (2) mor­fo­lo­gie­se ge­slags­aan­dui­ding (“ak­teur” teen­oor “ak­tri­se”; dié is lang­sa­mer­hand in A­fri­kaans be­sig om in die niet te ver­dwyn); en (3) gram­ma­ti­ka­le ge­slag. Laas­ge­noem­de is vir ons A­fri­kaans­spre­ken­des ’n volks­vreem­de ding.

In on­ge­veer 25% van die wê­reld se ta­le het el­ke naam­woord ’n in­he­ren­te ge­slag­s­ka­te­go­rie – meest­al man­lik, vrou­lik en on­sy­dig. In Duits is die woord “vis” man­lik, “spin­ne­kop” vrou­lik en “perd” on­sy­dig (ge­slagsneu­traal) – vol­ko­me ar­bi­trêr. Die­self­de sis­teem het ook in Oud­en­gels be­staan, maar het ver­dwyn in Mo­der­ne En­gels. In A­fri­kaans is die e­ro­sie ook vol­trek: Ons het geen gram­ma­ti­ka­le­ge­slags­aan­dui­ding nie (be­hal­we vir die paar voor­naam­woor­de soos “hy/sy/hom” en “sy/haar”).

Wat nou ge­maak as jy na ’n le­we­lo­se of ge­slag­lo­se en­ti­teit (soos ’n taal) wil ver­wys? Dan ge­bruik ons man­lik as die ver­stek­ka­te­go­rie. As jy gram­ma­ti­kaal kor­rek wil skryf, skryf jy: “Die u­ni­ver­si­teit het sy be­leid ver­an­der,” en “A­fri­kaans bal sy vuis in Hol­land.”

Die an­der kant van die munt­stuk het be­trek­king op die prag­ma­tiek – die kon­teks waar­bin­ne ’n woord ge­bruik word. Soms ge­bruik ’n skry­wer vrou­li­ke voor­naam­woor­de om ’n po­li­tiek fe­mi­nis­tie­se punt te maak; dit is ge­reg­ver­digd wan­neer ge­slagsneu­tra­le per­soons­na­me (soos “stu­dent” of “be­amp­te”) ge­bruik word, maar doen myns in­siens ge­for­seerd aan by an­der naam­woor­de (soos “u­ni­ver­si­teit” of “skip”).

So­wel Oc­to­ber as Hof­meyr ge­bruik bin­ne die kon­teks van hul­le on­der­skeie skryf­sels met voor­be­dag­te ra­de die vrou­li­ke voor­naam­woor­de “sy” en “haar” om na A­fri­kaans te ver­wys, juis om ’n punt te maak. In Oc­to­ber se ge­val gaan dit spe­si­fiek oor die me­ta­foor van A­fri­kaans as ’n on­der­druk­te vrou wat lank in ’n sty­we bors­trok moes rond­loop. In Hof­meyr se ge­val . . . Wel, voor ons ons oë uit­vee, het A­fri­kaans vyf ge­slag­te. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.