Moe­nie ge­raas maak nie

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Ja­ko­bus ver­dui­de­lik in hoof­stuk 2 van sy brief dit help niks jy sê vir hon­ger men­se mooi woor­de soos “mag dit met jou goed gaan”, maar jy gee hul­le nie kos as hul­le hon­ger is nie.

So ’n ge­loof is dood. Dis lip­pe­taal. Dit is nie hart­ge­dre­we nie.

Die reg­te ge­loof lei al­tyd tot da­de. An­ders ge­sê: Ge­loof is ge­lyk aan da­de van ont­fer­ming en om­gee in God se Naam. Ge­loof is nie praat­jies is nie. Dit help nie veel jy het al die reg­te ge­loofs­be­wy­se en dog­mas aan jou kant, maar jou leef­wy­se on­der­steun dit nie. Dan is jy ’n gods­diens­ti­ge ge­raas­ma­ker.

Ge­loof ge­beur. Ge­loof leef. Ge­loof het al­tyd han­de en voe­te, jou­ne in­ge­sluit!

As jy be­ly dat jy in God glo, is jy ook ’n ge­loof­doe­ner. Jy leef jou ge­loofs­be­ly­de­nis­se uit. Jy ver­taal jou ge­loof ge­du­rig in ’n leef­styl wat God eer en an­der men­se op jou skou­ers dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.