‘Ons gaan lo­cal is lek­ker’

Hlau­di wil lied­jie in Sotho op RSG hoor

Beeld - - Middelblad - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Hlau­di Mot­soe­neng gee nie om as SABC3 ky­kers ver­loor om­dat daar min­der in­ter­na­si­o­na­le in­houd op dié ka­naal is nie.

“As ver­an­de­ring goed is vir ons land, gee ek nie om nie. Ons as die SAUK gee nie om nie,” sê Mot­soe­neng, be­dryfs­hoof van die SAUK.

“Hul­le (die ky­kers) sal weer te­rug­kom.”

Mot­soe­neng be­plan ’n “oormaaksessie” vir SABC3 tot­dat 80% van die ka­naal se in­houd plaas­lik is. Van 1 Ju­lie af sal die in­ter­na­si­o­na­le pro­gram­me op SABC3 stel­sel­ma­tig min­der word, sê Mot­soe­neng.

“Ons moe­nie volg nie. Die A­me­ri­ka­ners moet ons kom volg. Ons is nie teen die A­me­ri­ka­ners of kuns­te­naars van oor­see nie. Ons sê net, kom ons wees u­niek. Kom ons kom vo- ren­dag met ons eie tra­di­sie en kul­tuur. Ons het ons eie kul­tuur en as ons nie ons eie ding doen nie, gaan hier­die land ver­dwyn. Dan gaan ons kul­tuur ver­dwyn.” Hy meen plaas­li­ke in­houd van goeie ge­hal­te sal ky­kers te­rug­lok as hul­le be­sluit om vir eers op te hou kyk.

“Ons gaan nou lo­cal is lek­ker,” sê hy.

Hy sê men­se hou bloot van oor­se­se TV-pro­gram­me om­dat die SAUK vir hul­le die ge­leent­heid ge­gee het om daar­na te kyk.

“As ons eie men­se pro­gram­me van goeie ge­hal­te maak, sal jy ver­geet van daar­die dra­ma of se­pie waar­van jy hou – as ons eie men­se met op­win­den­de i­dees vo­ren­dag kom. En dít is wat ons aan­moe­dig,” sê hy.

“Ons gaan nie 100% van al die in­ter­na­si­o­na­le in­houd ont- slae raak nie. Ons het dié in­houd steeds no­dig om mee te ding met in­ter­na­si­o­na­le uit­saai­ers.”

Vol­gens Mot­soe­neng is dit ook wat hy in ge­dag­te ge­had het toe hy ver­le­de week aan­ge­kon­dig het dat die SAUK se ra­di­o­sta­sies 90% plaas­li­ke mu­siek moet speel. “En ek het ge­sê hul­le moe­nie nou op ’n Sotho-sta­sie net Sotho-mu­siek speel nie. Ek wil ’n A­fri­kaan­se lied­jie ook daar hoor, ’n baie mooi lied­jie. Ek wil op RSG ook ’n Sotho-lied­jie hoor.”

Hy wil hê mu­siek moet kruis­kul­tu­reel oor die ver­skil­len­de plat­forms heen ge­speel word en sê ook Suid-A­fri­ka­ners moet op­hou om die bui­te­land te be­won­der en trots te wees op werk wat op eie bo­dem ver­vaar­dig word. Hy meen mu­siek kan men­se ver­e­nig en ras­se­span­ning in die land ver­lig.

“Dit sal die kwes­sie van ras­sis­me hok­slaan, want men­se sal ver­staan ons is di­vers en sal al­tyd ver­skil en din­ge ver­skil­lend sien.”

Die SAUK het ver­le­de maand in ’n ver­kla­ring aan­ge­kon­dig dat hy met die oor­ska­ke­ling van a­na­loog na di­gi­ta­le aard­ge­bon­de TV (DTT) vier nu­we ka­na­le gaan skep wat spe­si­fiek op se­ke­re ta­le sal fo­kus.

Vol­gens Mot­soe­neng sal dit so­wat R2 mil­jard kos om die nu­we ka­na­le op te rig. Die ka­na­le sal nie ge­lyk­ty­dig be­kend ge­stel word nie, maar wel so­dra daar ge­noeg in­houd is.

Die A­fri­kaan­se, Tson­ga- en Ven­da-ka­naal sal eer­ste be­kend ge­stel word, het hy ge­sê.

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Hlau­di Mot­soe­neng, be­dryfs­hoof van die SAUK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.