Gay­soen: TV­ky­kers ont­stig oor re­kla­me

Beeld - - Middelblad - Ro­zan­ne Els

’n TV-ad­ver­ten­sie waar­in twee mans me­kaar soen en wat wys hoe ’n kon­doom uit ver­pak­king ge­haal word, het tot klag­te by die ad­ver­ten­sie-o­wer­heid ge­lei.

Die WeT­heBra­ve-veld­tog, wat be­wus­ma­king wil skep van on­der meer sek­su­e­le ge­sond­heid on­der ho­mo­sek­su­e­le mans, het van­dees­week ky­kers se klag­te by die Gesags­lig­gaam vir Re­kla­me­stan­daar­de (GRS) in ’n vi­deo as ho­mo­fo­bies af­ge­maak.

Die klag­te het ge­volg op ’n ad­ver­ten­sie van dié veld­tog wat vroe­ër van­jaar op TV uit­ge­saai is.

In die ad­ver­ten­sie soen twee mans me­kaar en in ’n la­te­re to­neel word ’n kon­doom uit die ver­pak­king ge­haal.

Die ad­ver­ten­sie se slag­spreuk lui: “We’re #Bra­veE­nough to co­me out. So we’re de­fi­ni­te­ly #Bra­veE­nough to co­ver up!”

Dis so­ver vas­ge­stel kon word die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se TV­ad­ver­ten­sie waar­in twee mans me­kaar soen.

In re­ak­sie op die klag­te het die veld­tog­span ’n vi­deo ( We The Bra­ve Ho­mop­ho­bic Com­plaints) ge­maak wat hul­le van- dees­week op so­si­a­le me­dia ge­deel het. Daar­in word van die klag­te ge­noem wat hul­le in die 24 uur na­dat die ad­ver­ten­sie uit­ge­saai is, ont­vang het.

Die in­lei­ding van die vi­deo lui: “Ver­bied deur me­dia. Ge­kap deur ho­mo­fo­be. Kyk wat het ge­beur toe ons ons TV-ad­ver­ten­sie met twee mans wat soen, uit­ge­saai het.”

Van die klag­te en kom­men­taar wat hul­le ont­vang het, lui: “die skok van ons le­we”, “ver­dui­de­lik dit aan my dog­ter”, “dit is be­le­di­gend en walg­lik”, “hoe durf jul­le” en “dit moet on­mid­del­lik ver­wy­der word”.

Die WeT­heBra­ve-veld­tog word on­der lei­ding van die A­no­va He­alth In­s­ti­tu­te ge­voer en deur die El­ton John Aids Foun­da­ti­on ge­fi­nan­sier.

Ver­soe­ke om kom­men­taar wat Beeld aan die GRS én A­no­va ge­rig, is teen druk­tyd nog nie be­ant­woord nie.

In­tus­sen het die veld­tog sterk steun op so­si­a­le me­dia ont­vang en IOL be­rig dat Ni­na Mor­risLee, be­mar­kings­be­stuur­der van A­no­va, sê die doel is nie is om te skok nie, maar dat dit eer­der ’n saak van o­pen­ba­re be­lang en drin­gend­heid is.

’n G­reep uit die ad­ver­ten­sie van die WeT­heBra­ve­veld­tog wat TV­ky­kers om­ge­krap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.