Kern­krag: Ro­satom maak voor­brand

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Kaap­stad. – Ro­satom, die Rus­sie­se staats­on­der­ne­ming wat wil bie vir die kon­trak om 9,6 GW se nu­we kern­krag­sta­sies in Suid-A­fri­ka te bou, sê daar is baie mis­ver­stan­de oor sy be­lang­stel­ling in kern­krag in die land, maar hy is oop en be­reid om sy teg­no­lo­gie te deel.

Vik­tor Po­li­kar­pov, streek­vi­se­pre­si­dent van Ro­satom in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra, sê Ro­satom is daar­van be­skul­dig dat hy nie deur­sig­tig is nie.

Maar hy steun Ti­na Joe­ma­tPet­ters­son, mi­nis­ter van e­ner­gie, se on­lang­se uit­spra­ke dat die re­ge­ring die kern­krag-ten­der­pro­ses baie sorg­vul­dig sal aan­pak om se­ker te maak dit is deur­sig­tig en dat dit nie deur reg­stap­pe be­lem­mer word nie.

Op die af­ge­lo­pe A­fri­ca U­ti­li­ty Week – wat dui­sen­de rol­spe­lers in die krag­sek­tor in A­fri­ka by­een­ge­bring het – het Po­li­kar­pov in ’n on­der­houd ge­sê P­hum­zi­le Ts­he­la­ne, uit­voe­ren­de hoof van die Ker­n­e­ner­gie­kor­po­ra­sie van SuidA­fri­ca (Ne­c­sa), het vroe­ër die kos­te van die kern­krag­pro­gram op so­wat $50 mil­jard (R792,5 mil­jard teen hui­di­ge wis­sel­koers van R15,85 teen die dol­lar) ge­raam. “Ro­satom kan met daar­die sy­fer werk.”

Dit kom te mid­de van kri­ti­ci wat sê die pro­jek kan tot R1 000 mil­jard kos en die re­ge­ring kan dit nie nou be­kos­tig nie, ve­ral nie met ’n drei­gen­de af­gra­de­ring na rom­mel­sta­tus deur kre­diet­a­gent­skap­pe wat die kos­te van staats­le­nings sal op­jaag nie.

Po­li­kar­pov sê Ro­satom kan eg­ter ’n om­vat­ten­de pak­ket aan­bied wat fi­nan­si­ë­le op­los­sings in­sluit. In Fin­land bou Ro­satom by­voor­beeld tans kern­krag deur ’n o­pen­ba­re­pri­va­te­ven­noot­skap waar­in Ro­satom ’n 36%-be­lang het in ’n ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming saam met Fin­se pri­va­te be­leg­gers.

Oor kri­tiek dat Suid-A­fri­ka te mid­de van ar­beids­pro­ble­me nie ’n goeie ge­skie­de­nis het om groot­skaal­se in­fra­struk­tuur­pro­jek­te be­tyds en bin­ne be­gro­ting te vol­tooi nie, soos met E­s­kom se Me­du­pi-steen­kool­krag­sta­sie, sê Po­li­kar­pov dis ’n kwes­sie van swak be­stuur. “El­ke reu­se-pro­jek moet deeg­lik be­stuur word. In Rus- land het ons ’n be­heer­struk­tuur wat el­ke wer­ker se daag­lik­se plig­te daag­liks mo­ni­tor vol­gens ’n vas­te plan.”

Wat in Ro­satom se guns tel is ook dat hy be­trok­ke is in die vol­le­di­ge kern­krag-waar­de­ket­ting, van u­raan­myn­bou tot die bou van kern­krag­sta­sies tot die be­stuur van kern­af­val.

Hoe­wel daar ui­ter­ste voor­beel­de is van kern­krag-bou­pro­jek­te wat al ja­re sloer, is daar ook voor­beel­de in C­hi­na, Suid-Ko­rea en die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te waar pro­jek­te vin­nig vol­tooi word. By Me­du­pi is daar ook ’n klomp ver­skil­len­de klei­ner sub­kon­trak­teurs wat be­stuur be­moei­lik, meen Po­li­kar­pov.

Hy meen die pro­bleem van kern­af­val word oor­dryf. Koe­berg-krag­sta­sie ge­ne­reer so­wat 36 ton ge­bruik­te kern­brand­stof per jaar, ter­wyl Suid-A­fri­ka se ny­wer­he­de en my­ne al­te­saam 110 mil­joen ton af­val per jaar in die vorm van as en af­val-erts ge­ne­reer.

Ro­satom het boon­op on­langs sy BN-800 snel­neu­tron­re­ak­tor in be­dryf ge­stel wat ge­bruik­te kern­brand­stof van kon­ven­si­o­ne­le druk­wa­ter­kern­re­ak­tors as brand­stof kan ge­bruik, en die eer­ste kom­mer­si­ë­le weer­ga­we hier­van kan bin­ne­kort ge­bou word.

“Die kern­krag­be­dryf en kern­af­val word streng ge­re­gu­leer. S­teen­kool-af­val word nie ge­re­gu­leer nie.”

Po­li­kar­pov sê Ro­satom het ook reeds ’n oor­een­koms met Ni­ge­rië om twee kern­re­ak­tors te bou, en het ’n voor­lo­pi­ge oor­een­koms met G­ha­na. Lan­de soos Ke­nia, Tan­za­nië en Zam­bië stel ook in kern­krag be­lang.

“An­ders as her­nieu­ba­re­en­er­gie-aan­leg­te met ’n leef­tyd van 25 tot 30 jaar, kan kern­krag­sta­sies 60 tot 80 en selfs 100 jaar lank be­dryf word.”

Fo­to: REU­TERS

Krag­ka­bels loop van die Koe­berg­kern­krag­sta­sie in Melk­bos­strand in dié ar­gief­fo­to van 2009. Die de­par­te­ment van e­ner­gie werk tans aan fi­na­le af­ron­dings voor­dat ’n ver­soek om voor­stel­le oor ’n nu­we kern­krag­pro­gram van 9 600 MW uit­ge­stuur word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.