Om­buds­man her­win R100 m. vir ei­sers

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Die om­buds­man vir kort­ter­myn­ver­se­ke­ring het ver­le­de jaar so­wat R100 mil­joen vir ver­brui­kers her­win na­dat be­slui­te oor ei­se om­ge­keer is.

Die om­buds­man se jaar­ver­slag vir 2015 wys dat New Na­ti­o­nal As­su­ran­ce die ver­se­ke­raar met die mees­te klag­tes per 1 000 ei­se is, naam­lik 17. Dié ver­se­ke­raar, wat al 44 jaar in be­dryf is, se hoof­kan­toor is in Dur­ban. Hy be­skryf hom­self op sy web­werf as Suid-A­fri­ka se eer­ste swart ver­se­ke­raar.

Die ge­mid­del­de ge­tal klag­tes per 1 000 ei­se is drie.

De­an­ne Wood, die nu­we om­buds­man, sê ver­se­ke­raars wat meer as die ge­mid­del­de ge­tal klag­tes kry, is dalk be­dry­wig in ’n sek­tor waar ver­brui­kers nie goed in­ge­lig is oor ver­se­ke­rings­po­lis­se nie en dus baie klag­tes in­dien.

Dit is dus ook be­lang­rik om te kyk na die om­ver­wer­pings­koers. ’n Bo­ge­mid­del­de om­ver­wer­pings­koers be­te­ken dat baie van die ver­se­ke­raar se be­slui­te oor ei­se om­ge­keer is.

Die ge­mid­del­de om­ver­wer­pings­koers was 26,7%. Dit is ef­fens la­er as ver­le­de jaar en sit die ten­dens van die af­ge­lo­pe ja­re voort.

Die om­buds­man vir kort­ter­myn­ver­se­ke­ring het vier jaar ge­le­de be­gin om in­lig­ting oor hoe­veel klag­tes ont­vang is en die om­ver­wer­pings­koers daar­van te pu­bli­seer.

Ver­le­de jaar is 9 784 klag­tes oor kort­ter­myn­ver­se­ke­raars ge­kry. Dit is ef­fens min­der as in die vo­ri­ge jaar.

Die mees­te klag­tes word steeds oor mo­tor­ver­se­ke­ring ge­kry – so­wat 48% van die to­taal.

Die mee­gaan­de ta­bel is deur Sa­ke op­ge­stel en toon al­le ver­se­ke­raars wat drie of meer klag­tes per 1 000 ei­se ge­kry het en wat ’n bo­ge­mid­del­de om­ver­wer­pings­koers het.

New Na­ti­o­nal As­su­ran­ce is ’n be­trek­lik klein ver­se­ke­raar. So­wat 0,8% van sy ei­se is aan die Raad op Fi­nan­si­ë­le Diens­te ge­rap­por­teer.

Ace In­su­ran­ce – ook ’n bit­ter klein ver­se­ke­raar – is die ver­se­ke­raar met die twee­de mees­te klag­tes per 1 000 ei­se. Boon­op is sy om­ver­wer­pings­koers 50%.

Hy word ge­volg deur Saxum, ook baie klein, wat 11 klag­tes per 1 000 ei­se het. Sy om­ver­wer­pings­koers is 34,1%.

Van die tien groot ver­se­ke­raars wat ’n bo­ge­mid­del­de ge­tal klag­tes per 1 000 ei­se ge­kry het én ’n hoë om­ver­wer­pings­koers het, is: ) Ab­sa met vyf klag­tes per 1 000 ei­se. Sy om­ver­wer­pings­koers is 27%. ) Gu­ar­drisk met vier klag­tes per 1000 ei­se en ’n om­ver­wer­pings­koers van 47,9%.

So lyk die groot­ste drie ver­se­ke­raars se sy­fers: ) Die groot­ste ver­se­ke­raar is Hol­lard, met 12,2% van die to­ta­le ge­tal ei­se. Die om­buds­man het 674 klag­tes oor Hol­lard ont­vang, wat neer­kom op twee klag­tes per 1 000 ei­se. Die om­ver­wer­pings­koers is 33%, ho­ër as die ge­mid­del­de. ) San­tam is die twee­de groot­ste met 12,1% van die to­ta­le ei­se. Die om­buds­man het 665 klag­tes oor hom ont­vang, wat ook neer­kom op twee per 1 000 ei­se, met ’n om­ver­wer­pings­koers van 29,6%.

) Out­su­ran­ce kry 9,5% van al­le ei­se. Die om­buds­man het 509 klag­tes oor hom ont­vang, ook twee per 1 000, met ’n om­ver­wer­pings­koers van 13%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.