Ver­ko­pe daal skerp

SSA se sy­fers be­ves­tig Naam­sa se da­ta

Beeld - - Sake Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Die ver­ko­pe van nu­we mo­tors het in Maart op ’n jaar­grond­slag met 10% ge­daal, vol­gens S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka se da­ta. Die ver­ko­pe van ge­bruik­te mo­tors het eg­ter met 5,6% ge­styg teen­oor Maart 2015.

In ge­heel het die mo­tor­ver­koop­sy­fers (in­ge­sluit on­der­af­de­lings soos werk­win­kels en on­der­de­le­han­de­laars) in Maart met 2,8% ge­daal op ’n jaar­grond­slag.

Dit het ook in die drie maan­de tot ein­de Maart ge­daal.

Die af­ge­lo­pe twee jaar is die mo­tor­ver­koop­sy­fers baie wis­sel­val­lig, en in dié tyd­perk was daar baie maan­de waar­in ver­ko­pe ge­daal het. Dit is in teen­stel­ling met ver­ko­pe van 2011 tot 2013 toe dub­bel­sy­fer­groei in tal­le maan­de be­haal is.

Die na­si­o­na­le ver­e­ni­ging van mo­tor­ver­vaar­di­gers (Naam­sa) het reeds meer as ’n maand ge­le­de sy sy­fers vir Maart be­kend ge­maak en dit het ook ge­toon dat die ver­ko­pe van nu­we voertuie in SuidA­fri­ka ge­daal het – met 14%.

Naam­sa het toe ge­sê dit kan deels toe­ge­skryf word aan die gro­ter ge­tal va­kan­sie­dae as ge­woon­lik, met Paas­na­week wat van­jaar in Maart was.

Die ren­te­koers­ver­ho­gings en die ver­swak­king in die waar­de van die rand het ook hier­toe by­ge­dra.

WesBank het vroe­ër voor­spel baie min­der nu­we mo­tors sal van­jaar ver­koop word.

Chris de Kock, uit­voe­ren­de hoof van WesBank, het ge­sê ve­ral die swak rand dwing ver­vaar­di­gers om pry­se ag­gres­sie­wer op te stoot, wat meer ko­pers na die mark vir ge­bruik­te voertuie lok.

Die Tran­sU­ni­on-in­deks wat die prys­sty­ging van nu­we en ge­bruik­te voertuie meet, het vroe­ër ge­toon pry­se het op ’n kwar­taal­grond­slag tot ein­de Maart ge­styg. Tran­sU­ni­on sê die aan­dui­ding is dat die pry­se van nu­we voertuie sker­per as die al­ge­me­ne in­fla­sie­koers styg. “Die ho­ër pry­se van nu­we mo­tors stoot ko­pers na die mark vir ge­bruik­te mo­tors, ter­wyl dit som­mi­ge ver­brui­kers heel­te­mal uit die mark druk. Hul­le hou dus hul hui­di­ge voertuie lan­ger as nor­maal­weg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.