VSA­e­ko­no­mie groei van­jaar dalk met net 2%

Beeld - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler en Bloom­berg

Die A­me­ri­kaan­se e­ko­no­mie gaan dalk van­jaar met net 2% groei, voor­spel Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce.

Dié kre­diet­gra­deer­der het van­te­vo­re 2,3% voor­spel, maar sê die swak groei in die eer­ste kwar­taal lei tot die la­er voor­uit­skat­ting.

Moody’s sê in ’n ver­kla­ring “on­der­lig­gen­de veer­krag­tig­heid” sal die A­me­ri­kaan­se e­ko­no­mie min­stens tot ein­de 2017 dra, met ’n ver­wag­ting van 2,3% vir dié jaar. Dít is on­danks die ri­si­ko’s in die wê­reld­e­ko­no­mie, ve­ral die ver­lang­sa­ming van C­hi­na se e­ko­no­mie­se groei.

Moody’s sê dit sal ’n “be­dui­den­de” im­pak hê deur­dat dit fi­nan­si­ë­le mark­te wis­sel­val­lig sal hou en be­leg­gers ver­sig­tig sal maak om in meer ris­kan­te ba­tes te be­lê.

Moody’s ver­wag dat die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed) ren­te­koer­se van­jaar “hoog­stens” twee keer sal ver­hoog.

Die no­tu­le maak dit dui­de­lik dat plaas­li­ke ont­le­ders dalk te hout­ge­rus is oor hoe gou die VSA ren­te­koer­se gaan ver­hoog.

Twee van die tien ko­mi­tee­le­de wou reeds in A­pril die rentekoers ver­hoog het en dit lyk as­of ’n ver­ho­ging in Ju­nie sterk oor­weeg word.

Dié nuus het gis­ter in ont­lui­ken­de e­ko­no­mieë weer­klink en twee maan­de se groei in aan­deel­pry­se en geld­een­he­de in van dié lan­de uit­ge­vee.

Dit het ook weer die spook op­ge­jaag van ka­pi­taal-uit­vloei uit meer ris­kan­te be­leg­gings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.