Land­bou­pro­duk­te: Prys­sty­gings ook in groot­han­del ge­sien

Beeld - - Sake Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Die prys­sty­gings van land­bou­pro­duk­te se­dert ver­le­de jaar blyk ook uit S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) se groot­han­del­sy­fers.

Groot­han­de­laars se in­kom­ste uit die ver­ko­pe van on­ver­werk­te land­bou­pro­duk­te en vee het in Maart met 57% op­ge­skiet.

In die drie maan­de tot ein­de Maart het dit met 46% op ’n jaar­grond­slag ge­styg. SSA sê ’n groot re­de hier­voor is die ho­ër pry­se as in die vo­ri­ge jaar.

Die pro­du­sen­te­prys­in­fla­sie (PPI) vir land­bou was in Maart 23% op ’n jaar­grond­slag. Die graan­ge­deel­te van die PPI was 50%.

In ge­heel het groot­han­del­ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka in re­ë­le ter­me (dus prys­sty­gings uit­ge­sluit) in Maart met 1,8% op ’n jaar­grond­slag ge­styg. Dit is ’n ef­fen­se ho­ër sty­ging as Fe­bru­a­rie se jaar­sty­ging.

SSA sê groot­han­del­sy­fers is baie wis­sel­val­lig en wis­sel van maand tot maand af­han­gen­de van spe­si­a­le aan­bie­dings, die vraag na pro­duk­te as­ook die voor­raad wat be­skik­baar is.

Dit is dus moei­lik om ’n ten­dens te i­den­ti­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.