Droog­te­hulp ‘sloer by staat’

Hoop op ’n staats­ge­steun­de oes­ver­se­ke­ring­ske­ma

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Bot­ha­vil­le. – Al­le aan­dui­dings is dat Suid-A­fri­ka nie voed­sel­te­kor­te weens die droog­te sal er­vaar nie, sê Jan­nie de Vil­liers, uit­voe­ren­de hoof van Graan SA.

Hy het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie op die Nam­po-oesdag by Bot­ha­vil­le ge­sê hoe­wel daar aan­sien­li­ke te­kor­te aan mie­lies in die hui­di­ge sei­soen is, sal dit vol­doen­de deur in­ge­voer­de mie­lies aan­ge­vul word.

Oor land­bou­voor­uit­sig­te het De Vil­liers ge­sê aan­plan­tings vir win­ter­graan in die WesKaap is by­na vol­tooi, ter­wyl so­mer­graan­pro­du­sen­te op die oom­blik ’n oes stroop wat ná ’n droë, warm sei­soen aan­sien­lik on­der­ge­mid­deld is.

Die re­ën wat laat in die herfs in die so­mer­saai­ge­bied ge­val het, het nie noe­mens­waar­di­ge ska­de aan die mie­lie-oes aan­ge- rig wat nou ge­stroop word nie.

Dit is ve­ral die laat aan­plan­ting van son­ne­blom in die ver­re wes­te van die so­mer­saai­ge­bie­de wat baie by die laat re­ën baat ge­vind het.

“Ge­or­ga­ni­seer­de land­bou het al­le moont­li­ke droog­te­hulp­plan­ne aan die re­ge­ring voor­ge­lê. Ons wag eg­ter steeds op die re­ge­ring om dit in wer­king te stel, ter­wyl die be­plan­ning vir die vol­gen­de sei­soen by­na op han­de is.”

Die voor­ge­stel­de plan­ne sluit ’n voor­stel in dat ’n staats­waar­borg ge­gee word om kom­mer­si­ë­le boe­re te help om hul skuld te her­ske­du­leer, sê De Vil­liers.

“Ons het ook ’n ver­de­re staats­waar­borg ge­vra om al­le graan­boe­re wat op staats- en kom­mu­na­le grond boer toe­gang te gee tot oes­fi­nan­sie­ring.”

Hy sê uit­ge­brei­de sa­me­sp­re- kings met die lei­ers van die Land­bank “lyk be­lo­wend” en dat die heel bes­te uit­koms ’n staats­ge­steun­de oes­ver­se­ke­ring­ske­ma vir al­le graan­boe­re sal wees so­dat voor­uit­sig­te vir gro­ter voed­sel­se­ker­heid kan ver­be­ter.

Hy het boe­re aan­ge­moe­dig om vroeg­ty­dig met hul fi­nan­si­ë­le­diens­ver­skaf­fers te praat oor be­plan­ning vir die vol­gen­de sei­soen.

“Daar is nou ge­leent­he­de in die mark om po­si­sies te ver­skans in die ver­wag­ting van ’n goeie sei­soen.”

Die eer­ste aan­dui­dings is dat die vol­gen­de sei­soen nie weer ’n droë een sal wees nie.

Oor die Nam­po-oesdag wat van­dag ten ein­de loop, het De Vil­liers ge­sê dat die by­wo­ning­sy­fers on­danks die droog­te reeds ho­ër is as dié van 2015.

Die Nam­po-oesdag is die groot­ste ten­toon­stel­ling van land­bou­teg­no­lo­gie in die Sui­de­li­ke Half­rond en word van­jaar deur 650 uit­stal­lers on­der­steun. In 2015 is die vier­daag­se by­een­koms deur so­wat 70 000 men­se by­ge­woon.

Fo­to: VI­DA BOOY­SEN

Lu­cas Jan­se Van Vuur­en wys hoe lyk ’n ont­bos­sings­ma­sjien, die Gehl S­kids­teer V400, op die Na­mo­oesdag by Bot­ha­vil­le. Van­jaar is die jong­ste land­bou­teg­no­lo­gie weer op die vier dae lan­ge uit­stal­ling te sien. Die ont­bos­sings­ma­sjien word ve­ral op wild­pla­se in Lim­po­po en an­der be­bos­te de­le el­ders in A­fri­ka in­ge­span. Die ma­sjien ver­werk die bos­se en bo­me wat uit­ge­haal word tot sap­pi­ge hap­pies vir re­nos­ters en an­der groot­wild.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.