Rooi­vleis­pry­se: Droog­te se uit­wer­king eers la­ter ge­voel

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Bot­ha­vil­le. – Die uit­wer­king van die droog­te op die prys van rooi­vleis word nog nie in die mark ge­voel nie. Dit sal eers teen Au­gus­tus of Sep­tem­ber van­jaar be­gin deur­werk.

Só sê Con­nie Jan­se van Vuur­en, pre­si­dent van die voer­kraal- en vleis­ver­wer­kings­groep Beef­mas­ter SA. Hy was een van die deel­ne­mers aan die ge­spreks­reeks “Na­sie in ge­sprek” by die Nam­po-Oesdag in Bot­ha­vil­le. Die span het oor die land­bou­waar­de­ket­ting in Suid-A­fri­ka ge­praat, met die te­ma “Van plaas tot ta­fel, vol­hou­baar”.

“Daar is nog te veel aan­teel­die­re wat tans ge­slag word, maar as die nu­we sei­soen be- gin en die boe­re be­sef die aan­teel­die­re is groot­liks uit­ge­slag, dán sal die ver­brui­ker die uit­wer­king eers voel; dis nog nie ver­dis­kon­teer in die mark nie.”

Meer as 80% van die land se ho­ër­graad-vleis word in voer­kra­le ge­pro­du­seer, wat met die ver­swak­king van die rand ge­leent­he­de ge­skep het om hier­die vleis as ont­been­de snit­te oor­see te be­mark. Daar is eg­ter tans heel­wat vleis van la­er ge­hal­te wat weens droog­te in die plaas­li­ke mark in­kom en die prys af­hou, het Fran­cois S­try­dom, uit­voe­ren­de hoof van Sen­wes, in die be­spre­king ge­sê.

Jan­se van Vuur­en sê daar is ’n groei­en­de vraag na rooi­vleis en die be­dryf kan sien dat die Suid-A­fri­kaan­se be­vol­king meer wel­af word met duur­der ag­ter­kwart­snit­te wat al hoe gro­ter af­trek kry.

S­try­dom het uit­ge­wys dat die prys van mie­lies se­dert die droog­te om­trent ver­dub­bel het, maar dat dit steeds goed ver­ge­lyk met an­der sty­sel­pro­duk­te wan­neer sy waar­de as e­ner­gie­bron vir die lig­gaam in ag ge­neem word. “El­ke kos­soort se e­ner­gie en kos­te moet ver­ge­lyk word. Ten spy­te van al­les, is mie­lie­meel steeds die mees be­kos­tig­ba­re bron van e­ner­gie, en nie rys soos wat men­se dik­wels aan­neem nie.”

Waar die droog­te ge­neig is om die prys van rooi­vleis af te druk, het dit weer ’n heel an­der uit­wer­king op die hoen­der­be­dryf, sê Ke­vin Lo­vell, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri- kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa). “Wan­neer dit droog is, styg die prys van voer dra­ma­ties en se­dert 2014 het twee op­een­vol­gen­de droog­tes die lê­be­dryf en die hoen­der­be­dryf ’n ge­skat­te R4,5 mil­jard ek­stra ge­kos – net aan mie­lies al­leen.”

Dit het ver­oor­saak dat heel­par­ty fa­mi­lie­boe­re wat met ei­ers ge­boer het, uit die be­dryf ge­tree het om­dat hul­le nie meer die duur voer kan be­kos­tig nie, het Lo­vell ge­sê.

Die e­nig­ste ma­nier om sul­ke kos­te­druk te ver­werk, ook in die res van die land­bou­sek­tor, is om deel van die waar­de­ket­ting te word. “Die waar­de­ket­ting is eint­lik ’n sir­kel, nie ’n lyn nie, en die doel­wit is om al die geld, tyd, ar­beid en kos­te wat in ’n be­paal­de pro­duk in- gaan in die sir­kel te hou so­dat dit nie ver­mors word nie,” ver­dui­de­lik Lo­vell.

Hy het as voor­beeld ge­noem dat by pro­te­ïen soos hoen­der of rooi­vleis selfs die de­le wat nie vir mens­li­ke ge­bruik ge­skik is nie tot hon­de- of kat­kos ver­werk word so­dat geen ver­mor­sing plaas­vind nie.

In Suid-A­fri­ka is ver­brui­kers baie na­der aan pro­du­sen­te as oor­see, en die waar­de­ket­ting is baie kor­ter – wat ’n voor­deel vir al­bei groe­pe is, sê Ko­bus Pie­naar, be­stuur­der van Wool­wort­hs Foods se Good Bu­si­ness Jour­ney. “Hoe lan­ger die ket­ting, hoe gro­ter maak dit die deur oop vir so­ge­naam­de voed­sel­be­drog, waar daar nie deur­sig­tig­heid is oor waar­voor ver­brui­kers werk­lik be­taal nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.