Sun In­ter­na­ti­o­nal dok op weens mis­luk­te Peer­mont­oor­na­me

Beeld - - Sake Nuus - – Bloom­berg

Sun In­ter­na­ti­o­nal (SI) gaan R675 mil­joen aan die ho­tel- en ca­si­no­groep Peer­mont Glo­bal be­taal na­dat sy po­ging om Peer­mont oor te neem, mis­luk het toe daar nie be­tyds by plaas­li­ke me­de­din­gings­o­wer­he­de goed­keu­ring daar­voor ver­kry kon word nie.

SI, ei­e­naar van Sun Ci­ty, het on­der­neem om so­veel as R900 mil­joen aan Peer­mont te be­taal in­dien die tran­sak­sie deur die mat val en die nu­we dob­bel­kom­pleks by Men­lyn Mai­ne in P­re­to­ria sy deu­re o­pen. Peer­mont het in die hof be­swaar ge­maak teen die nu­we dob­bel­kom­pleks voor­dat ’n oor­een­koms be­reik is oor die sa­me­smel­ting van die maat­skap­pye.

’n Oor­een­koms is nou be­reik aan­ge­sien bou­werk aan die kom­pleks ’n ge­vor­der­de sta­di­um be­reik het en dit in A­pril vol­gen­de jaar sal o­pen, het SI Woens­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê.

SI het in Maart 2015 in­ge­stem om Peer­mont teen R9,4 mil­jard te koop en daar­mee ca­si­no’s soos Em­per­or’s Pa­la­ce in Jo­han­nes­burg te be­kom en die ge­skil oor die Men­lyn Mai­ne-kom­pleks te be­sleg.

Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie het in De­sem­ber aan­be­veel dat die tran­sak­sie op die lan­ge baan ge­plaas word weens die ver­wag­te uit­wer­king daar­van op die dob­bel­mark in Gau­teng. Die kom­mis­sie sou in Ju­nie ’n ver­hoor ge­hou het oor die oor­na­me, drie maan­de ná die sper­tyd wat deur die be­trok­ke maat­skap­pye ge­stel is vir die goed­keu­ring van die tran­sak­sie.

Die kom­mis­sie is be­rug daar­voor dat hy lank kan draal om oor tran­sak­sies te be­slis – die An­he­u­ser-Busch InBev/SABMil­ler-tran­sak­sie is ’n voor­beeld hier­van. ) Sun In­ter­na­ti­o­nal, wat deur die ho­tel­mag­naat Sol Ker­z­ner ge­stig is, het 26 oor­de in A­fri­ka en A­me­ri­ka.

Peer­mont word be­sit deur ’n pri­va­te-e­kwi­teits­groep en het 16 ho­tel­le in Suid-A­fri­ka, Botswa­na en Ma­la­wi.

SI se aan­deel­prys het met so­wat 40% ge­daal se­dert die Peer­mont-tran­sak­sie aan­ge­kon­dig is en het Woens­dag met 1% tot R73,80 ge­daal. Dit bring sy mark­waar­de op so­wat R27 mil­jard te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.