Ve­le hoog­te­pun­te op kuns­vei­ling

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Kuns­ver­sa­me­laars sal vol­gen­de week kan kies en keur on­der ver­skeie wer­ke van die bes­te ge­hal­te by S­trauss & Co se vei­ling in Jo­han­nes­burg.

Dit sluit in wer­ke deur be­ken­de Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars soos Ir­ma S­tern, JH Pier­neef, Wal­ter Bat­tiss, An­ton van Wouw en G­re­goi­re Boon­zai­er.

On­der die hoog­te­pun­te tel ’n in­druk­wek­ken­de ver­sa­me­ling o­lie­verf­skil­de­rye deur een van die Suid-A­fri­kaan­se mees­ters in mo­der­ne land­skap­skil­der­kuns, JH Pier­neef. Een van die wer­ke, ge­ti­teld Win­ter Bos­veld, sal na ver­wag­ting vir tus­sen R800 000 en R1,2 mil­joen ver­koop.

Daar is ook ’n tref­fen­de skil­de­ry van son­ne­blom­me deur die flam­bo­jan­te Vla­di­mir T­re­t­chi­koff, wat vol­gens S­trauss & Co die be­lang­stel­ling gaan­de het. Daar word ver­wag dat dit tus­sen R400 000 en R600 000 kan haal.

Ver­skeie wer­ke deur die va­der van Suid-A­fri­kaan­se beeld­hou­kuns, An­ton van Wouw, kom ook on­der die ha­mer. Dit sluit in ’n ma­ket van sy ge­sog­te The Ham­mer Wor­ker wat deur die Ni­si­ni­smel­te­ry in Ro­me ge­giet is.

An­der merk­waar­di­ge wer­ke sluit in ver­skeie ab­strak­te beeld­hou­wer­ke deur E­do­ar­do Vil­la en ’n goeie ver­sa­me­ling skil­de­rye deur Ro­bert Hod­gins. Pry­se van dié kuns­te­naar se wer­ke het in on­lang­se tye die hoog­te in­ge­skiet.

Die vei­ling word op 23 Mei by The Wan­de­rers Club in Il­lo­vo in Jo­han­nes­burg ge­hou.

) Vir meer in­lig­ting kan www.strauss­art.co.za be­soek word.

Win­ter Bos­veld deur JH Pier­neef is een van die hoog­te­pun­te op S­trauss & Co se vol­gen­de vei­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.