Ont­ha­lers­droom in Sil­ver La­kes

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Van’s Aucti­o­neers bring vol­gen­de week ’n luuk­se huis in die Sil­ver La­kes-gholf­land­goed in die oos­te van P­re­to­ria on­der die ha­mer.

Dié spog­wo­ning van 615 m² is on­langs op­ge­knap en is ge­rief­lik langs die set­perk by die eer­ste put­jie van die gholf­baan.

Die u­nie­ke ken­mer­ke van die dub­bel­ver­die­ping­wo­ning maak dit ’n ont­ha­ler se droom. Gas­te kan nie net luuks ont­haal word by die bo­ma wat op die man­ji­fie­ke tuin en swem­bad uit­kyk nie, maar ook op die stoep met ’n in­ge­bou­de braai. Op die boon­ste vloer is nog ’n stoep, ook met sy eie braai­plek en pa­no­ra­mie­se uit­sig­te op die gholf­baan.

Die grond­ver­die­ping het ’n in­gangs­por­taal met dub­bel­vo­lu­me-leef­ver­trek­ke, ’n Ja­cuz­zi­ka­mer en ’n mo­der­ne kom­buis met gra­niet­af­wer­king. Daar is ook ’n stu­deer­ka­mer en drie slaap­ka­mers met skuif­deu­re. Die luuk­se hoof­slaap­ka­mer het ’n ruim in­stap­kas en ’n luuk­se bad­ka­mer met ’n was­bak­ke vir twee en ’n spa-bad.

’n E­le­gan­te trap lei na die boon­ste vloer met ’n en sui­te­slaap­ka­mer, ’n groot leef­ver­trek met ’n kroeg en ’n pa­tio. Die huis het ver­skeie hoe­kies en draai­tjies wat goed te pas kom vir die stoor van i­tems.

Die Sil­ver La­kes-gholf­land­goed kry sy naam van die dam­me rond­om die gholf­baan, wat in sil­wer ge­baai word wan­neer die son saans sak.

Die land­goed bied uit­ste­ken­de vei­lig­heid, rus­tig­heid en ’n prent­jie­mooi land­skap met mo­der­ne ge­rie­we op sy drem­pel en mak­li­ke toe­gang tot die hoof­roe­tes.

Die vei­ling word op 24 Mei om 11:00 op die per­seel in Do­ral-sin­gel in die land­goed ge­hou. Vir nog in­lig­ting kan www.van­saucti­ons.co.za be­soek word.

Links: Die luuk­se huis in die Sil­ver La­kes­gholf­land­goed in P­re­to­ria is on­langs op­ge­knap. Bo: Die dub­bel­vo­lu­me­in­gangs­por­taal het ’n e­le­gan­te trap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.