Han­dels­ei­en­dom in Wa­ter­kloof­rif

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

’n Han­dels­ei­en­dom in Wa­ter­kloof­rif, P­re­to­ria, wat ’n gul­de ge­leent­heid bied vir ’n ko­per om ’n on­der­ne­ming te ves­tig of sy ei­en­dom­spor­te­feul­je uit te brei, word la­ter in Mei deur Bid­ders C­hoi­ce op­ge­veil.

Dié ei­en­dom op die hoek van Mus­ke­jaat­straat en C­lif­flaan, be­hels kan­to­re, stoor­ka­mers en ’n klein­han­del­kom­po­nent met ’n Sa­sol­vul­sta­sie, wat nie tans be­dryf word nie. Dit bied aan die nu­we ei­e­naar die ge­leent­heid om ’n nu­we fran­chi­se-li­sen­sie te on­der­han­del, óf ’n huur­in­kom­ste van Sa­sol as huur­der te ver­kry.

Die ei­en­dom is sen­traal ge­leë na­by die N1 en die R21 met mak­li­ke toe­gang van­af Kie­rie­klap­per­straat tot by So­lo­mon Mahlangu­ry­laan. Die wes­te­li­ke grens van die ei­en­dom vorm deel van ’n af­ge­sper­de re­si­den­si­ë­le se­ku­ri­teits­ont­wik­ke­ling. Aan die oor­kant is ’n win­kel­sen­trum met Wool­wort­hs Food as an­ker­huur­der.

On­der die ver­be­te­rings op die erf tel die vul­sta­sie met die Sa­sol­han­dels­naam, wat nie in be­dryf is nie, ’n be­taal­punt, ver­skeie kan­to­re, bad­ka­mers, stoor­ka­mers en ’n ruim­te wat as ’n ge­riefs­win­kel sou kon dien.

Die wes­te­li­ke kant van die ge­bou het ’n groot klein­han­del­kom­po­nent. Die ei­en­dom bied goeie huur­in­kom­ste-po­ten­si­aal.

Die vei­ling word op 26 Mei om 11:00 op die per­seel ge­hou. Bel Pie­ter Gel­den­huys by 082 808 1801.

Die han­dels­ei­en­dom met ’n Sa­sol­vul­sta­sie in Wa­ter­kloof­rif. Die vul­sta­sie word nie tans be­dryf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.