Ju­we­le­vei­ling stel ’n nu­we wê­reld­re­kord op

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

’n Nu­we wê­reld­re­kord vir ’n ju­we­le­vei­ling is op 17 Mei deur Sot­he­by’s in Genè­ve, S­wit­ser­land, op­ge­stel.

Ju­we­le ter waar­de van meer as $175 mil­joen is op­ge­veil. Die vo­ri­ge re­kord was $160,9 mil­joen.

Die hoog­te­punt van die vei­ling was ’n be­son­der­se peer­vor­mi­ge pienk di­a­mant van 15,38 ka­raat wat vir $31 561 200 ver­koop is. Dit is die groot­ste peer­vor­mi­ge pienk di­a­mant wat tot nog toe op die vei­lings­vloer be­land het.

’n Nu­we re­kord vir ’n aan­lyn­tran­sak­sie is ook op die vei­ling op­ge­stel toe ’n aan­lyn­ko­per $6 mil­joen vir ’n stel di­a­man­toor­krab­ber­tjies op­ge­dok het.

Die bie­ërs was van 45 lan­de. 25% was van A­sië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.