Dié ‘S­neeu­wit­jie’ staan nie te­rug

Beeld - - Kuns - AJ Op­per­man Tot 12 Ju­nie.

Jy hoef nie in fe­ë­ver­ha­le te glo of ’n kind te wees om na ’n an­der wê­reld in die pan­to­mi­me S­neeu­wit­jie weg­ge­voer te word nie.

En hoe­wel baie men­se dalk ’n voor­op­ge­stel­de i­dee sou hê oor dié soort pro­duk­sie bied S­neeu­wit­jie, on­der re­gie van We­slee Lau­der, ’n paar wen­dings en spe­si­a­le ef­fek­te wat jou ver­ras.

Die be­ken­de sto­rie word ver­tel van S­neeu­wit­jie wie se stief­ma, die ko­nin­gin, ja­loers is op haar stief­dog­ter se skoon­heid, en die boos­heid wat daar­mee ge­paard­gaan.

Die (wen)re­sep van ’n pan­to­mi­me is ge­wis ge­volg, maar wat Re­nier en Li­se-Ma­rie Key­ser ook reg­ge­kry het, is om die reg­te spe­ler vir el­ke ka­rak­ter te kies.

Die feit dat Ná­di­ne in die rol van S­neeu­wit­jie is, le­wer baie stof waar­mee daar fyn ge­spot kan word, soos speel­se ver­wy­sings na li­rie­ke uit haar lied­jies wat in die teks ge­bruik word.

Ou guns­te­lin­ge op die ver­hoog soos Ti­aan Rau­ten­bach en Han­nes Br­üm­mer (as die spie­ël wat nét die waar­heid kan praat) het die ge­hoor van die eer­ste oom­blik af in die palms van hul han­de.

Nog ’n baie goeie aan­wins is An­ge­la Ki­li­an (be­kend om haar rol­le in mu­siek­spe­le soos The P­hantom of the O­pe­ra en Sunset Bou­le­vard) as die ko­nin­gin, kom­pleet in A­fri­kaans. As die boos­aard doen sy haar ding só goed dat jy haar teen­woor­dig­heid ge­niet, selfs al vang sy die wreed­ste goed aan.

Reyn­ard Slab­bert ver­tolk die rol van die prins.

In dié pan­to­mi­me is dit die teks wat die mees­te be­ïn­druk.

Dit is skerp en baie snaaks en die sê­goed wat die ka­rak­ters kwyt­raak, val lek­ker op die oor.

Die keu­se van lied­jies, on­der mu­siek­re­gie van Hei­di E­de­ling, word goed aan­ge­wend – ve­ral die oom­blik wan­neer die “Van D­wer­gies” (hul­le dring daar­op aan dat hul­le nié d­wer­gies is nie) die ver­hoog op­stap.

Of al die ka­rak­ters reg­tig funk­si­o­neel tot die sto­rie is, is wel te be­twy­fel en som­mi­ge spe­lers vaar beter as an­der, maar die pro­duk­sie in ge­heel hoef nie te­rug te staan vir e­ni­ge an­der pan­to­mi­me wat al in Gau­teng op­ge­voer is nie.

Dit sal nie in al­mal se smaak val nie, maar hier­die is nie af­skeep­werk nie.

Wat die Key­sers hier reg­kry, is om die stan­daard van hul vo­ri­ge pan­to­mi­me, Aspoes­ter­tjie (wat vir ne­ge Na­le­di-pry­se be­noem is), te be­hou. Dalk selfs te ver­be­ter.

Waar­sku­wing: Wees maar op jou hoe­de as jy in die voor­ste rye sit. )

Ná­di­ne as S­neeu­wit­jie en An­ge­la Ki­li­an as die ko­nin­gin in Add­Li­fe Pro­ducti­ons se pan­to­mi­me S­neeu­wit­jie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.