Tref­fers uit ge­wil­de mu­siek­spel af­ge­stof

Beeld - - Kuns -

Cat Si­mo­ni en Paul S­pen­ce sing die na­week by Fox­wood Hou­se in Houg­h­ton hoog­te­pun­te uit die mu­siek­rol­prent My Fair La­dy.

Die pro­duk­sie Wouldn’t It Be Lu­v­ver­ly! ver­tel die ver­haal van prof. Hen­ry Hig­gins en E­li­za Dool­itt­le soos uit­ge­beeld in My Fair La­dy, wat op sy beurt ge­grond is op Ge­or­ge Ber­nard S­haw se to­neel­stuk Pyg­ma­li­on.

Die to­neel­stuk is die eer­ste keer in 1913 op­ge­voer.

Tref­fers soos “I Could Ha­ve Dan­ced All Nig­ht”, “With a Litt­le Bit of Luck” en “On the S­treet W­he­re You Li­ve”, met mu­siek deur F­re­de­rick Loe­we en li­rie­ke deur Alan Jay Ler­ner, is maar ’n paar van die tref­fers waar­op Si­mo­ni en S­pen­ce die gas­te sal trak­teer.

Ver­to­nings is Sa­ter­dag om 20:00 en Son­dag om 12:00 en 15:00. Kaart­jies kos R150. Sa­ter­dag om 17:30 vir 18:00 word ’n E­du­ar­di­aan­se maal­tyd be­dien teen R250.

Son­dag bied Fox­wood Hou­se ’n op­si­o­ne­le buf­fet­e­te aan wat R220 kos.

Kon­tak Joey Gra­ham by 011 486 0935 of stuur e-pos na in­fo@fox­wood.co.za.

Cat Si­mo­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.