Werk van KKNK nou by Ab­sa­ga­le­ry te sien

Beeld - - Kuns -

Die­ge­ne wat nie self die KKNK van­jaar in Oudts­hoorn kon by­woon nie, het kans tot 27 Mei om van die beel­den­de kuns wat by die fees uit­ge­stal is in Jo­han­nes­burg te be­sig­tig.

Emp­ty S­pa­ces: An O­ver­view of KKNK 2016 word in die Ab­sa-ga­le­ry aan­ge­bied.

Dit is die eer­ste keer dat Ab­sa ’n fees­uit­stal­ling hier aan­bied, sê S­te­phan Eras­mus, ku­ra­tor van die uit­stal­ling. Die uit­stal­ling sluit nie al die wer­ke in wat in Oudts­hoorn was nie, maar wel heel­wat daar­van.

Die te­ma ge­du­ren­de die fees was “Blank s­pa­ces: The poe­try of the un­fi­nis­hed or the be­gin­ning of the new”.

“Dit ver­ken die i­dee van oop ruim­tes,” sê Eras­mus in ’n ver­kla­ring. “En dat daar meer spa­sie is as wat ’n mens kan sien, dat daar leë ruim­tes is en dat daar ’n bre­ër ho­ri­son is. Ons as men­se vind dit moei­lik om die af­we­sig­heid van in­houd te han­teer.”

Emp­ty S­pa­ces: An O­ver­view of KKNK 2016 ont­hul die ver­skil­len­de in­ter­pre­ta­sies van die i­dee rond­om leë ruim­tes.

Kuns­te­naars sluit in Ru­an Co­le­man, Man­dy John­ston, El­ja­na van der Mer­we, Cas­sim Za­rah, Ro­nel de Ja­ger, T­ha­mi M­be­ne­ka­zi, So­lo­mon Mo­re­mong, Set­hem­bi­le M­se­za­ne, Paul Se­nyol, Andrew S­praw­son, Jan Maan­da Ts­hik­hut­hu­la, Ja­co van S­chalk­wyk, P­hi­lis­wa Li­la, El­rie Jou­bert, Mar­li­se Keith en Mon­ge­zi N­cap­hayi.

Die ga­le­ry se a­dres is Main­straat 161, Jo­han­nes­burg. Ga­le­ryu­re is Maan­dae tot Vry­dae van 08:30 tot 16:00. Bel Cal­vin Mashi­go by 011 350 4663 of stuur ’n e-pos na cal­vin.mashi­go@bar­clays­a­fri­ca.com vir nog in­lig­ting.

’n On­ge­ti­tel­de ge­meng­de­me­dia­werk deur Mon­ge­zi N­cap­hayi wat tans in die Ab­sa­ga­le­ry in Jo­han­nes­burg te sien is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.