Op­draan­de met groot kin­ders

Beeld - - Kuns -

Die kin­ders is groot en uit die huis, maar ’n ou­er bly maar ’n ou­er. En die stres raak ook nie juis min­der nie. Dít kom ter spra­ke in ’n Ge­wor­ry – met E­li­ze Ca­wood en Wil­son Dun­ster – wat op 29 Mei om 16:00 weer in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria op die plan­ke is.

Dit han­del oor ’n eg­paar wat aan­vank­lik ver­lig is wan­neer die kin­ders die huis ver­laat. Hul­le dink hul­le is ont­slae van sko­le­at­le­tiek, ma­triek­af­skei­de, stu­die­le­nings, trou­es en ve­ral sak­geld – al­les waar­by ou­ers uit eie wil óf te­ë­sin­nig in­ge­sleep word. Die eg­paar is af­ge­tree, die klein­kin­ders is al ge­bo­re, en nou pak dié twee vir ’n va­kan­sie in Lon­den. Hul­le kom nou eers daar­by uit, want iets het nog al­tyd voor­ge­val. Net toe hul­le dink hul­le het nou tyd vir hul­self, be­sef hul­le groot kin­ders be­te­ken groot moei­lik­heid.

Die teks is deur Saar­tjie Bo­tha en die re­gis­seur is Ger­rit S­choon­ho­ven.

Kaart­jies kos van R140 tot R160. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Fo­to: ELBÉ VAN DEN BERG

Wil­son Dun­ster en E­li­ze Ca­wood in ’n Ge­wor­ry wat 27 Mei in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria op die plan­ke is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.