Bos­beer kry sy kans in Dur­ban

Beeld - - Kuns -

Port E­li­za­beth. – Al was sy span die af­ge­lo­pe na­week teen die C­hee­tahs weer aan die ver­loor­kant, het Ed­gar Ma­rut­lul­le, die Sout­hern Kings­ha­ker, weer ge­wys hy tel on­der die bes­tes in sy po­si­sie in die land.

Dit was ver­al dank­sy ’n op­win­den­de lang­af­stand­lo­pie dat nie­mand hom kan ig­no­reer nie.

On­ge­luk­kig sal dié woe­li­ge ha­ker nie mô­re vir die Kings teen die Haaie in Dur­ban in ak­sie wees nie. Hy het griep en dr. Kon­rad von Ha­gen, die Kings se span­dok­ter, het aan­be­veel dat hy rus,” sê De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter.

Ma­rut­lul­le sal hom dus nie teen die voor­ma­li­ge S­pring­bok C­hi­li­boy Ra­la­pel­le kan meet nie.

Dit gee Mar­tin “Bos­beer” Fer­rei­ra die kans om weer ’n slag ’n wed­stryd te be­gin.

Fer­rei­ra is dalk nie so vlug­voe­tig soos Ma­rut­lul­le nie, maar hy sal nie te­rug­deins vir die ver­wag­te fi­sie­ke aan­slag van die Haaie nie.

Die Kings het juis be­sluit om die ag­gres­sie­we S­te­fan Wil­lem­se bo JP Jonck op flank te kies om die Haaie se agt­tal te help stuit.

Son­der Jonck het die Kings nie ’n wa­re bal­jag­terflank nie. “Ek ver­wag van el­ke spe­ler om bal toe te speel,” sê Da­vids. “Ons werk­ver­rig­ting moet ho­ër wees. Jy moe­nie net die spe­ler duik nie, jy moet op­staan en die bal pro­beer wen.”

Da­vids is ver­heug dat hy sy twee mees er­va­re spe­lers, die slot S­te­ven Sy­kes en die los­kop­stut S­chalk Fer­rei­ra, kon kies. “Ek dink 60% tot 70% van die suk­ses wat ons van­jaar be­haal het, is te dan­ke aan hoe S­te­ven die span op die veld lei.” Sy­kes ver­vang JC Ast­le op slot in die be­gin­span. Om Fer­rei­ra te­rug te hê, is vir hom ook ge­rus­stel­lend. Ver­al ná ver­le­de week se stut­nag­mer­rie. Toe het die los­kop­stut Sti Sit­ho­le skie­lik ’n blin­de­derm-o­pe­ra­sie on­der­gaan en sy plaas­ver­van­ger, Jus­tin Ac­ker­man, moes ook ont­trek toe hy siek word. Die Kings moes die C­hee­tahs toe met die groen­tjie Li­am Hen­dricks op los­kop­stut aan­durf.

Sout­hern Kings: Jur­gen Vis­ser, Luk­ha­nyo Am, JP du P­les­sis, S­ha­ne Ga­tes, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Lou­is Fou­ché, N­tan­do Ke­be, Ai­don Da­vis, T­hem­be­la­ni B­ho­li, S­te­fan Wil­lem­se, S­chalk Oe­lof­se, S­te­ven Sy­kes (k), Ja­co­bie A­dri­aan­se, Mar­tin Fer­rei­ra, S­chalk Fer­rei­ra. PLAAS­VER­VAN­GERS: Mar­tin Be­zui­den­hout, Jus­tin Ac­ker­man, Tom Bo­tha, JC Ast­le, V­leis En­gel­brecht, Ke­vin Lui­ters, El­gar Watts, Leig­h­ton Ek­steen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.