C­hi­li­boy in die Haaie se be­gin­span

Beeld - - Kuns - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – C­hi­li­boy Ra­le­pel­le draf Sa­ter­dag vir die eer­ste keer saam met sy span­maats op die veld in ’n be­gin­span se­dert sy skor­sing twee jaar ge­le­de weens die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del.

“Dit het baie har­de werk ge­verg om uit­ein­de­lik weer tot by dié punt te kom,” het dié S­pring­bok-ha­ker, wat ook al die Bok­ke aan­ge­voer het, gis­ter in Dur­ban ge­sê.

“In die twee jaar wat ek nie ge­speel het nie, het ek ge­noeg tyd ge­had om te dink oor al die din­ge en ook te werk aan dit wat ek no­dig het om ’n beter spe­ler te word.

“Wan­neer jy die heel­tyd speel, word jy so vas­ge­vang in die roe­ti­ne van rug­by dat jy dik­wels ver­geet wat is die klein din­ge­tjies in die le­we wat saak­maak.

“In daar­die op­sig het die tyd­perk uit die spel my goed ge­doen en het ek kans ge­had om el­ke dag deur te bring saam met die men­se in die le­we vir wie ek lief is,” sê hy.

“Wat die rug­by en leef­wy­se hier in Dur­ban be­tref, is dit baie ont­span­ne en kalm. Dit is ook wat die weer be­tref ’n won­der­li­ke plek om te wees.

“Waar die res van die land ge­reed maak vir win­ter, gaan ons hier maar net aan as­of dit steeds so­mer is.”

Ra­le­pel­le se in­slui­ting vir die wed­stryd teen die Kings is een van agt ver­an­de­rin­ge aan die Haaie se span wat die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res ge­klop het.

Hy vorm deel van ’n nu­we voor­ry, met Lou­rens A­dri­aan­se en Da­le C­had­wick weers­kan­te van hom. Be­ast M­ta­wa­ri­ra, Fran­co Marais en Coe­nie Oost­hui­zen kry van­dees­week ’n rus­kans.

Voorts word Gi­ant M­ty­an­da as S­te­phan Le­wies se slot­maat ver­vang deur E­tien­ne Oost­hui­zen. Je­an-Luc du P­reez neem die be­seer­de Je­an Dey­sel se plek as flank.

Heel ver­ras­send het Mi­cha­el Claas­sens sy fiks­heid be­wys en is as skrum­ska­kel bo S­te­fan Un­ge­rer ge­kies.

Claas­sens sou al teen die Ja­gua­res ge­speel het, maar is met die kap­teins­oe­fe­ning be­seer.

“Die me­die­se span het uit­ste­ken­de werk ge­doen om hom ge­reed te kry om weer hier­die week te speel,” sê die af­rig­ter, Ga­ry Gold.

L­wa­zi M­vo­vo is ook te­rug as lin­ker­vleu­el, ge­volg­lik skuif JP Pie­ter­sen weer oor na die reg­ter­kant, waar Od­wa N­dun­ga­ne vir hom plek maak.

Die Haaie, wat die af­ge­lo­pe drie we­ke wed­stry­de op drie ver­skil­len­de vas­te­lan­de ge­speel het, sal die Kings be­slis erns­tig op­neem.

“E­ni­ge span met S­te­ven Sy­kes as kap­tein sal al­tyd fi­siek wees en goed in­klim,” sê Gold.

Fo­to: GALLO

C­hi­li­boy Ra­le­pel­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.