De Reuck mik na goud

Wed­loop al klein­tyd haar droom

Beeld - - Kuns - Sa­rel van der Walt

Jy móét re­spek hê vir die wed­loop én die af­stand. — COLLLEEN DE REUCK

Jo­han­nes­burg. – Die ou­dS­pring­bok Col­leen de Reuck sê sy is nie van plan om bloot te kom saam­draf in vol­gen­de na­week se Comrades nie.

Dié 52-ja­ri­ge voor­ma­li­ge Dur­ba­niet wat Suid-A­fri­ka en die VSA by vier O­lim­pie­se S­pe­le op die baan en in die ma­ra­thon ver­teen­woor­dig het, sê sy wil hárd hard­loop.

Sy on­der­skat die wed­loop, wat op 29 Mei tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban ge­hard­loop word, geen­sins nie.

De Reuck het baie re­spek vir die wê­reld se groot­ste ul­tra­wed­loop om­dat sy in ’n Comrades-huis groot­ge­word het.

Haar pa, Frank Lin­de­que, het 15 keer aan die wed­loop deel­ge­neem, ter­wyl haar broer, Co­lin, al se­wen­de was.

De Reuck was meest­al langs die Comrades-roe­te wan­neer hul­le ge­hard­loop het.

“Ek is baie op­ge­won­de. Die Comrades is ’n droom wat waar word,” het De Reuck uit Boul­der, Co­lo­ra­do, ge­sê.

Sy was die Paas­na­week vyf­de in die Twee O­se­a­ne.

“Dit was haar debuut in ul- tra-wed­lo­pe.

In dié wed­loop het De Reuck, een van net vier Suid-A­fri­kaan­se vroue wat die ma­ra­thon al in vin­ni­ger as 2:30 (2:26:35) kon af­lê, ge­wys sy is steeds ’n fak­tor om mee re­ke­ning te hou.

Sy is in 3:27:38 die 50 km-kerf ver­by, wat ’n wê­reld­re­kord vir vroue tus­sen 50 en 54 jaar is.

De Reuck, wat in die kleu­re van KPMG sal hard­loop, het er­ken die Twee O­se­a­ne was vir haar ’n wek­roep.

Haar be­ne was ná die wed­loop seer en sy het be­sef sy sal “nood­ge­dwon­ge oe­fen­ses­sies van vier uur” moet in­kry.

Sy het op ’n ge­wo­ne ma­ra­thon­pro­gram vir die Twee O­se­a­ne voor­be­rei.

Ná die Twee O­se­a­ne het sy boon­op siek ge­word en sy kon vir twee we­ke nie oe­fen nie. De Reuck glo dit is ’n be­dek­te se­ën.

“Vir die Twee O­se­a­ne het ek weg­ge­kom met ’n ge­wo­ne ma­ra­thon-oe­fen­pro­gram, maar vir die Comrades is dit nie moont­lik nie. Daar­om het ek gaan­de­weg lan­ger af­stan­de be­gin hard­loop en is te­vre­de dat ek ge­noeg ge­doen het,” het De Reuck ge­sê.

In die op­bou tot die wed­loop het sy ge­reeld met die eer­tyd­se Comrades-naas­wen­ner Bob de Mot­te in Aus­tra­lië ge­ska­kel en raad by hom ge­kry.

Wan­neer sy vol­gen­de week in Dur­ban aan­kom, sal sy ook ’n draai maak by He­len Lu­c­re, ’n voor­ma­li­ge wen­ner.

En soos dit ’n Comrades-at­leet be­taam, voor die wed­loop die roe­te gaan ry.

De Reuck be­sef die Comrades ver­skil van als waar­aan sy al voor­heen deel­ge­neem het.

“Die Comrades is ’n an­der ge­dier­te.

“Jy móét re­spek hê vir die wed­loop én die af­stand,” het De Reuck, wat ook ’n top­drie­kam­p­at­leet is, ge­sê. Sy hoop om on­der die tien goue me­dal­je­wen­ners te ein­dig .“Om­dat ek nog nooit die Comrades ge- hard­loop het nie, weet ek nie reg­tig wat om te ver­wag nie.

“Ek wil teen ’n pas van so vier en ’n half mi­nuut per ki­lo- me­ter hard­loop so­dat ek oor die laas­te 20 km nog iets in die be­ne oor kan hê om te druk as ek moet.”

Fo­to: AP

Die oud­S­pring­bok Col­leen de Reuck was in 2011 by die Wê­reld­by­een­koms in Suid­Ko­rea vir die VSA in die ma­ra­thon in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.