Net­bal se Nie­mand groet Pro­te­as

Beeld - - Kuns - Ann­chen Nel A­dé­le Nie­mand neem be­sit van die bal voor Cait­lin Thwai­tes van Aus­tra­lië in ’n Wê­reld­be­ker­wed­stryd ver­le­de jaar in Syd­ney. Links is haar span­maat Kar­la Mos­tert.

Kaap­stad. – Suid-A­fri­ka se in­ter­na­si­o­na­le net­bal­sei­soen be­gin vol­gen­de maand met ’n nu­we ver­de­di­gings­paar.

A­dé­le Nie­mand (32), die Pro­te­as se mees er­va­re ver­de­di­ger, is nie meer vir die na­si­o­na­le span be­skik­baar nie.

Kar­la Mos­tert, die ster-hulp­ver­de­di­ger, sal dus ’n nu­we span­maat on­der die doel­paal moet kry.

Nie­mand het gis­ter ge­sê sy het ná ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker-toer­nooi e­va­lu­e­ring van haar loop­baan be­gin doen.

Dié ve­te­raan, met 80 toet­se op haar kerf­stok, het ge­sê 2014 se S­ta­te­bond­spe­le in Glas­gow, S­kot­land, was haar bes­te toer­nooi tot nog toe. E­li­ze Kot­zé was toe die Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ter.

“Ek kan nie meer my werk af­skeep om net­bal te speel nie.”

Sy het be­gin van­jaar ’n nu­we be­trek­king as me­die­se ver­teen­woor­di­ger in Kaap­stad aan­vaar.

“Ek kan be­slis nie meer so baie ver­lof­dae kry soos ver­le­de jaar nie,” het sy ge­sê.

“Ek dink ek het my deel ge­doen. Ek het aan twee WB­toer­nooie, twee S­ta­te­bond­spe­le en ’n o.21-Wê­reld­toer­nooi deel­ge­neem,” het Nie­mand ge­sê.

Sy is wel nog ’n toe­ge­wy­de lid van die Sout­hern S­tings en is ook reeds vir die Wes-Kaap­se span ge­kies vir Au­gus­tus se na­si­o­na­le toer­nooi.

Chris­ti­ne du P­reez, Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA) se keur­der­baas, het ge­sê ’n groep van 25 spe­lers sal ná die na­week se Bru­tal Fruit-wed­stry­de aan­ge­wys word.

Die uit­ver­ko­re­nes sal ná dié li­ga se eind­stryd op 28 Mei in Dur­ban ag­ter­bly om tot 4 Ju­nie ’n oe­fen­kamp by te woon.

Suid-A­fri­ka se se­ni­or en o.21-span speel vol­gen­de maand ’n toets­reeks teen Wal­lis.

Die Pro­te­as is nog af­rig­ter­loos. Dit lyk al hoe meer of die Aus­tra­li­ër Nor­ma Plum­mer, wat ver­le­de jaar SuidA­fri­ka se in­staan-af­rig­ter was, weer ty­de­lik aan die stuur van sa­ke sal wees.

Sy en Ni­co­le Cu­sack, haar hulp­af­rig­ter, is juis die na­week en vol­gen­de na­week in Dur­ban vir die laas­te wed­stry­de in die Bru­tal Fruit-li­ga. ) Die M­pu­ma­lan­ga Sun­bi­rds speel van­aand teen Lim­po­po se Ba­o­babs.

Die Noord-Kaap­se Di­a­monds pak die Aloes van die Oos-Kaap.

Mô­re se twee kwart­eind­stry­de is die hoog­te­pun­te van die na­week.

Die S­tings kom teen die King­dom S­tars van K­waZu­luNa­tal te staan. Die Vry­staat­se C­ri­nums en die Gau­teng-Fi­re­balls ta­kel me­kaar.

Ek kan nie meer my werk af­skeep om net­bal te speel nie. — A­DÉ­LE NIE­MAND

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.