Mui­r­field stem teen vroue en ver­loor gas­heer­reg

Beeld - - Kuns - – bbc.com

Lon­den. – Die Mui­r­field­gholf­klub in S­kot­land het sy reg om die B­rit­se Ope aan te bied, ver­loor na­dat be­sluit is vroue mag nie le­de van die klub word nie.

Die klub se 648 le­de moes ná ’n kon­sul­ta­sie pro­ses van twee jaar daar­oor stem en die twee­der­de­meer­der­heid stem­me wat no­dig was (432), is nie ge­haal nie.

Die be­heer­lig­gaam van Eu­ro­pe­se gholf (die R&A) sê hy gaan nie toe­ laat dat ’n klub wat vroue uit­sluit, die B­rit­se Ope aan­bied nie.

Mar­tin Slum­bers, die R&A se uit­voe­ren­de hoof, sê hul­le sal die be­sluit her­oor­weeg sou Mui­r­field af­sien van sy be­leid.

Mui­r­field en Roy­al Troon is die e­nig­ste twee B­rit­se Ope­ba­ne wat steeds vroue uit­sluit.

Troon het a­par­te klubs vir mans en vroue en oor­weeg ’n voor­stel om dié be­de­ling te laat vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.