Stryd van die slot­te

Sny­man en Jen­kins ge­toets

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Ek dink RG en Ja­son het al goed ont­wik­kel, maar hul­le sal nie ’n gro­ter toets as dit kry nie. — NOL­LIS MARAIS

P­re­to­ria. – Die twee bes­te slot­te in die land teen die toe­koms­ti­ge S­pring­bok-slot­paar.

Dit is hoe Nol­lis Marais, die Bul­le-af­rig­ter, RG Sny­man en Ja­son Jen­kins se twee­stryd met die S­tor­mers se Bok­ke E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit op­som.

“Ek sien baie uit. Ek dink RG en Ja­son het al goed ont­wik­kel, maar hul­le sal nie ’n gro­ter toets as dít kry nie.

“Dit is ’n steil bult teen die twee bes­te slot­te in Suid-A­fri­ka.

“Hul­le gaan ge­woond moet raak aan sul­ke druk­si­tu­a­sies, want dit is hoe jy ’n beter rug­by­spe­ler word,” sê Marais.

Met slot­te soos Vic­tor Mat­field, F­lip van der Mer­we en Ja­c­ques du P­les­sis wat Lof­tus Vers­feld ver­le­de sei­soen ge­groet het, het Marais geen an­der keu­se ge­had as om die jong man­ne na­der te trek nie.

Die kon­tras tus­sen die slot­pa­re wat me­kaar Sa­ter­dag op Lof­tus pak, is aan­sien­lik.

Sny­man en Jen­kins is on­der­skei­de­lik 21 en 20 en het al­bei vroe­ër van­jaar met Su­per­rug­by ken­nis ge­maak.

In die an­der hoek is twee ys­ters met 52 toet­se se er­va­ring tus­sen hul­le.

Et­ze­beth en Du Toit is boon­op die slot­paar wat van­jaar die mees­te be­sit in die lyn­sta­ne af­neem.

Die Bul­le is naas die S­tor­mers die span wat die mees­te bal­le by hul­le teen­stan­ders gaps.

Marais is in sy skik met ve­ral Sny­man se ver­to­nings.

Dié oud-Af­fie het tot dus­ver 52 keer be­sit in sy tien wed­stry­de vir die Bul­le in die lyn­sta­ne ver­se­ker.

Hy is saam met sy kap­tein, A­dri­aan S­trauss, die hoof­re­de waar­om die Bul­le met die bes­te suk­ses­per­sen­ta­sie (92,4%) in die reeks pronk.

Die Bul­le gaan, af­ge­sien van die ver­be­te stryd on­der die slot­te, hul spie­re voor moet bult teen die be­soe­kers.

Die S­tor­mers se agt­tal het in Fe­bru­a­rie in ’n wed­stryd op Nu­we­land kor­te met­te ge­maak van die Bul­le.

Hul­le het ná rus­tyd klip­pe ge­kou in die skrums toe die stut­te Frans Mal­her­be en JC Jan­se van Rens­burg as im­pak­spe­lers op­ge­stuur is.

Marais sê sy span “het groot ge­skrik” in die twee­de helf­te in die Kaap, maar is oor­tuig die Bul­le-pak het nou meer om die lyf.

“Die span het baie ge­groei se­dert die eer­ste ron­de en ve­ral in die vas­te fa­set­te.

“Dit gaan beter in die skrums en ons word be­loon daar­voor. Dit is een­vou­dig: as ons die S­tor­mers wil wen, gaan ons ons man moet staan.”

S­trauss sê ook die Bul­le se be­sluit­ne­ming het ver­be­ter.

“Dit ge­beur meer ge­reeld dat ons op be­lang­ri­ke oom­blik­ke die reg­te be­slui­te neem.

“Sa­ter­dag se wed­stryd kan mak­lik ’n arm­druk­stryd wees en el­ke be­sluit wat jy maak, gaan dan be­lang­rik wees.”

Die S­pring­bok­ha­ker sê hul­le wil die saak reg­stel na­dat hul­le op Nu­we­land af­ge­ran­sel is.

“Ons re­spek­teer hul agt­tal, maar ons wil ons (on­oor­won­ne) ver­to­nings­lys op Lof­tus ge­stand doen. Dit is ons agt­tal se doel­wit om ons in­gooie in die skrums en lyn­sta­ne te wen en goeie be­sit vir die ag­ter­lyn te ver­se­ker.”

Fo­to: DEAAN VIVIER

RG Sny­man rank in ’n lyn­staan in ’n oe­fen­ses­sie van die Bul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.