Leeus sal min­der skop teen Ja­gua­res

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Voor­stan­ders van die Leeus se aan­val­len­de ma­nier van speel kan ge­rus wees – hul­le sal nie mô­re teen die Ja­gua­res hier op El­lis­park weer so baie skop nie.

Die Jo­han­nes­bur­gers het die Blu­es ver­le­de na­week in gie­ten­de re­ën met ’n al­le­min­ti­ge 37 skop­pe ge­pe­per, hoe­wel daar­die be­na­de­ring dui­de­lik vrug­te af­ge­werp het as die tel­ling van 43-5 in ag ge­neem word.

Nie­te­min speel hul­le die na­week teen teen­stan­ders wat nie nood­wen­dig vry­ge­wig sal wees as skop­pe by hul keel af­ge­skop word nie.

“Ons weet die Ja­gua­res – en die Ar­gen­tyn­se na­si­o­na­le span – speel dees­dae nie meer op hul tra­di­si­o­ne­le ma­nier nie,” het Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-af­rig­ter, Don­der­dag ge­sê.

“Hul­le het ’n ge­vaar­li­ke ag­ter­lyn wat nie hui­wer om swak skop­werk uit te buit nie. As ons be­sit on­no­dig weg­skop, sal die Ja­gua­res met groot gees­drif be­gin met teen­aan­val­le. Die uit­da­ging vir ons skop­pers van­dees­week is om doel­tref­fend te be­paal wan­neer dit ge­leë sal wees om te skop.”

Dit be­te­ken glad nie die Leeus on­der­skat die waar­de van af­ge­ron­de tak­tie­se skop­werk nie.

Ac­ker­mann is dank­baar sy span het dié pyl nou ook in sy ko­ker.

“Dit het ’n lang ruk ge­neem vir se­ke­re le­de van ons ag­ter­lyn om met goeie tak­tie­se skop­pe te kom.

“Dit was be­slis ’n pro­ses,” het hy ge­sê.

“Ons skop­pers het dees­dae baie self­ver­troue. El­ton Jan­tjies se twee skop­pies ver­le­de week het tot twee drieë ge­lei, ter­wyl Ja­co van der Walt die Blu­es on­der druk ge­plaas het met sy lang skop­pe. Selfs die skrum­ska­kels slyp baie hard aan hul skop­pe. Ons moe­dig goeie tak­tie­se skop­werk aan, so­lank dit die teen­stan­der on­der druk plaas.”

Maar daar sal al­tyd daar­op ge­fo­kus word om die bal in die hand te hou.

“Die Leeus is be­kend om hul aan­val­len­de spel.

“Dit is die soort rug­by wat ons on­der­steu­ners trots maak en boon­op ge­niet die spe­lers dit ook om op daar­die ma­nier te speel.

“Ons sal nie som­mer daar­aan ver­an­der nie,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Ver­le­de week se in­druk­wek­ken­de ver­to­ning, as­ook kwes­ba­re teen­stan­ders wat ver­lam word deur skor­sings en ’n swak ver­to­nings­lys, bied aan die Leeus die i­de­a­le ge­leent­heid om hul po­si­sie op die pun­te­lys te ver­ste­wig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.