Leeus se Ja­co K­riel glo op pad Ja­pan toe

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Daar is geen amp­te­li­ke oor­een­koms tus­sen Ja­co K­riel en die Ja­pan­se rug­by­klub Ku­bo­ta S­pears nie.

Dié woe­li­ge flank van die Leeus se naam ver­skyn op ja­pon­rug­by.net se lys van nu­we aan­wins­te by dié klub, maar die Jo­han­nes­bur­gers het ont­ken hul Cur­rie­be­ker-kap­tein is op pad Ver­re Oos­te toe.

“Ja­co is nog ge­kon­trak­teer by die Leeus en ten vol­le tot die u­nie ver­bind,” het Ru­dolf S­tra­eu­li, die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, gis­ter ge­sê.

Daar word ver­neem daar word met K­riel on­der­han­del oor die moont­lik­heid om die­self­de roe­te as sy span­maats El­ton Jan­tjies, War­wick Teck­len­burg, Li­o­nel Ma­poe en An­dries Fer­rei­ra te volg en hom in die twee­de deel van die jaar in Ja­pan te gaan ver­ryk.

Hy sal wel vir aan­staan­de jaar se Su­per­rug­by-reeks be­skik­baar wees.

S­tra­eu­li er­ken die Leeus kan nie werk­lik weer­stand teen sul­ke skui­we bied nie, om­dat dit in baie ge­val­le die e­nig­ste ma­nier is hoe plaas­li­ke u­nies me­de­din­gend kan bly.

“Ver­skeie se­ni­or spe­lers se mark­waar­de is baie hoog en ons het soms net nie die fi­nan­si­ë­le slaan­krag om hul­le die toe­pas­li­ke ver­goe­ding aan te bied nie,” het hy ge­sê.

“As ’n kon­trak met ’n Ja­pan­se span ons ster­spe­lers oor­tuig om steeds Su­per­rug­by vir ons te speel, sal ons dit aan­moe­dig.”

Die u­nie het be­ves­tig die op­win­den­de vleu­el Ru­an Com­brinck het sy kon­trak met twee jaar ver­leng.

Hy word as ’n aan­spraak­ma­ker vir in­slui­ting in Al­lis­ter Coet­zee se S­pring­bok-groep be­skou.

In­tus­sen is K­riel en Com­brinck al­bei in die Leeus se be­gin­span vir Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-stryd teen die Ja­gua­res op El­lis­park in­ge­sluit.

K­riel het ’n nu­we flank­maat in die be­lo­wen­de Cy­le B­rink, ter­wyl Com­brinck sal staat­maak op Ho­ward M­ni­si se skep­pen­de ver­mo­ëns op bin­ne­sen­ter.

An­dries Fer­rei­ra se be­se­ring be­te­ken die jong Lou­rens Eras­mus, een van die Leeus se ster­re in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ke-rreeks, kry speel­kans.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ja­co K­riel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.