‘Top Ge­ar’ se nu­we aan­bie­ders kui­er in SA

Die nu­we ‘Top Ge­ar’sei­soen met ses nu­we aan­bie­ders be­gin bin­ne­kort op BBC B­rit, en vol­gens die ver­vaar­di­gers en aan­bie­ders gaan ky­kers nie te­leur­ge­steld wees nie. Teré­sa Coet­zee ver­tel meer.

Beeld - - Vrydag! - bl. 5

In my le­we het ek al ’n paar a­dre­na­lien in­spui­tings ge­kry –soos die keer toe ek’ n tan­dem val­skerm­sprong ge­doen het en die an­der keer toe ek met A­fri­ka se lang­ste foe­fie­slaaid by Sun Ci­ty af­ge­gly het.

Maar dié week met die be­kend­stel­ling van die nu­we Top Ge­ar- reeks, het ek saam met een van die nu­we aan­bie­ders, die mo­tor­joer­na­lis en ren­ja­er Chris Har­ris, om die ren­baan by Ky­a­la­mi gaan jaag en dit was lag-lag een van die vree­s­aan-ja­end­ste (maar op­win­dend­ste) oom­blik­ke van my le­we.

Om in ’n draai in te jaag ter­wyl jy kan voel hoe die ag­ter- wie­le die mo­tor se ag­ter­kant sy­waarts druk, gee jou ’n high wat am­per ’n dag lank hou. El­ke keer as ons op ’n draai af­ge­pyl het, het die dood my in die oë ge­staar, want ek het ge­weet die brie­ke gaan dit nie be­tyds maak nie, maar el­ke keer het Chris koel en kalm en be­heerst die mo­tor deur die draai laat gly en ver­der ge­ry (lees jáág.)

Ek het met my voe­te vas­ge­skop op el­ke denk­ba­re plek voor in die kar – van die pa­neel­kis­sie voor my tot skuins dus­kant die rat­hef­boom, net om te keer dat my lyf nie sy­waarts by die mo­tor uit­vlieg nie – die vei­lig­heids­gor­del ten spyt.

Selfs ter­wyl hy die spoed­me­ter oor die 230 km per uur ge­druk het op die ge­lyk­pad, het Chris ge­sit en ge­sels as­of ek Miss Dai­sy is wat saam met hom op’ n Son­dag­mid­dag uit­stap­pie gaan.

“Nou het jy da­rem self ge­sien dat Top Ge­ar se ren­ja­ers reg­tig vin­nig kan ry,” het hy ge­lag ter­wyl hy my be­we­ri­ge hand aan die ein­de ge­skud het.

Die BBC het op Maan­dag 17 Mei spe­si­aal vir The Stig en Chris Har­ris na Suid-A­fri­ka ge­vlieg vir die be­kend­stel­ling van die 23ste sei­soen van die nu­we Top Ge­ar- reeks en op 1 Ju­nie om 20:00 word die eer­ste e­pi­so­de op BBC B­rit uit­ge­saai.

Dit sal die eer­ste pro­gram wees waar­in die nu­we aan­bie­ders, Chris E­vans en Matt LeBlanc saam met die an­der vyf, die Duit­se (vrou­li­ke) ren­ja­er Sa­bi­ne S­chmitz, Chris Har­ris, Ed­die Jor­dan, Ro­ry Reid en The Stig, te sien sal wees.

In die nu­we reeks wat uit ses de­le be­staan, on­der­neem die span ver­skil­len­de op­win­den­de uit­da­gings op teer- en grond­paaie en van die jong­ste sport­mo­tors word ge­toets, soos die Fer­ra­ri F12 TDF, die M­cLa­ren 675LT, die Aston Mar­tin Vul­can en BMW se M2.

Ag­ter­na het Chris ver­tel dat hy nie soos ék som­mer goeds­moeds in ’n mo­tor saam met ’n vreem­de­ling sal klim nie.

“Ek is ’n con­t­rol f­re­ak. Dis ook hoe­kom ek glad nie daar­van hou om te vlieg nie. Ek wil in be­heer wees,” sê Har­ris.

Oor sy nu­we pos as Top Ge­araan­bie­der, is hy in die wol­ke.

“Ek het Top Ge­ar ge­kyk van­dat ek ’n kind was. Die vo­ri­ge aan­bie­ders, Je­re­my Clark­son, Ja­mes May en Ri­chard Ham­mond, was my i­ko­ne.”

Weens die om­stre­den­heid rond­om die vo­ri­ge aan­bie­ders, is Har­ris deeg­lik be­wus van die druk wat daar nou op hom en die an­der aan­bie­ders gaan wees.

“Ons sal nooit die vo­ri­ge span kan ver­vang en soos hul­le kan wees nie. Maar ons het ge­poog om steeds vir die ky­kers uit­ste­ken­de kyk­stof te bring ter­wyl ons ’n an­der di­na­mi­ka ge­skep het tus­sen die aan­bie­ders. Ek waar­borg jou, die ky­kers gaan nie te­leur­ge­steld wees nie.”

Sy per­soon­li­ke hoog­te­punt so­ver was die keer toe hy ’n splin­ter­nu­we Fer­ra­ri ter waar­de van £5 mil­joen moes toets­be­stuur. (“Hoef ek e­nig­iets méér te sê?”)

In dié reeks be­soek drie van die aan­bie­ders selfs Suid-A­fri­ka waar hul­le re­sies jaag van­af Dur­ban tot bo-op Sa­ni­pas.

Die nu­we Top Ge­ar- reeks be­gin op 1 Ju­nie om 20:00 op BBC B­rit, wat op Ka­naal 120 uit­ge­saai word.

Die nu­we Top Ge­ar­aan­bie­ders, Ro­ry Reid, Sa­bi­ne S­chmidt, Matt LeBlanc, Chris E­vans, Chris Har­ris, Ed­die Jor­dan en The Stig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.