Em­pa­tie vir ka­rak­ters red ril­ler

Beeld - - Vrydag! - Paul Boek­kooi Ka­te Bos­worth in ’n to­neel uit die ril­ler Be­fo­re I Wa­ke. Met o.a. Ka­te Bos­worth, T­ho­mas Ja­ne en Ja­cob T­rem­blay. 97 mi­nu­te. 13G

Van die be­roemd­ste ril­ler­mees­ters – Alf­red Hit­chcock, S­tan­ley Ku­brick, Clau­de C­ha­brol, John Fran­ken­hei­mer, Sid­ney Lu­met, John Huston en Ot­to P­re­min­ger – het ons al ver­laat. Ge­volg­lik het die gen­re as ge­heel ve­ral die af­ge­lo­pe de­ka­de of twee be­gin ver­vlak.

As so­da­nig bly ril­lers re­de­lik stand­hou­dend, maar die be­dryf het min le­gen­des met ge­noeg­sa­me oor­spronk­lik­heid oor om nu­we stu­krag daar­aan te ver­leen, al word ons, ui­ters seld­saam, deur ’n jon­ger ge­slag ver­ras. Dan dink jy in­tu­ï­tief aan ’n hand­jie­vol na­me soos Chris­to­pher No­lan, Da­vid Fin­cher, Brad An­der­son, M. Nig­ht S­hya­ma­lan en A­le­jandro A­mená­bar.

Mi­ke Fla­na­gan, ’n A­me­ri­ka­ner, is as re­gis­seur nog maar re­la­tief ’n groen­tjie in die be­dryf en dus ’n be­perk­te rol­spe­ler. Tog hou sy be­dre­we vak­man­skap met Be­fo­re I Wa­ke, wat reeds in 2013 ver­film is, maar waar­van die uit­rei­king weens pro­ble­me rond­om ver­sprei­ding ver­traag is, heel­wat be­lof­te in.

Be­ne­wens die re­gie het hy ook die draai­boek en re­di­ge­ring van sy jong­ste pro­duk han­teer. Teg­nies steek die fliek geen­sins af in­dien ’n mens van­dag se nor­me toe­pas nie. Die ka­me­ras­ko­te is uit­ste­kend: at­mos­feer­ryk, met baie ge­voel vir be­lig­ting en ve­ral ook klank-ef­fek­te, as­ook ’n klank­baan waar­van die mu­siek die beel­de en in­he­ren­te span­ning deeg­lik aan- vul.

Fla­na­gan se rol­be­set­ting is ge­slaagd. Die im­mer on­pre­ten­si­eu­se Ka­te Bos­worth is ’n i­de­a­le keu­se vir die rol van Jes­sie wat ge­trau­ma­ti­seer is ná die dood van haar en haar man, Mark (T­ho­mas Ja­ne), se eer­ste seun. In­tus­sen het hul­le hard pro­beer om weer ou­ers te word, maar was on­suk­ses­vol. Ná veel be­raad­sla­ging be­sluit hul­le om ’n seun­tjie aan te neem en die lang wag kom ten ein­de wan­neer die maat­skap­li­ke wer­ker, Na­ta­lie (An­na­beth Gish), die jong Co­dy, (Ja­cob T­rem­blay), na hul­le nu­we huis toe bring. He­laas be­gin ’n an­der­soor­ti­ge pro­bleem hul ge­sins­le­we be­dreig wan­neer dit dui­de­lik word dat die we­sie Co­dy aan ’n on­ge­wo­ne slaap­ver­steu­ring ly: Sy dro­me en nag­mer­ries ma­ni­fes­teer hul­self fi­sies wan­neer hy slaap. Dit steur s­kaars en is selfs ma­gies wan­neer sy eie fan­ta­sieë hul­le uit­speel, maar word op ’n drei­gen­de ma­nier ra­di­kaal wan­neer die nag­s­po­ke en -hek­se hul hek­se­sab­bats­dan­se be­gin uit­voer.

Rond­om Co­dy se ver­beel­dings­krag is daar beel­de van skoen­lap­pers wat ver­skyn. S­nags is hul­le soos lig­dra­ers: ui­ters kal­me­rend. Die beel­de word uit­ein­de­lik te her­ha­lend toe­ge­pas en ver­loor sy ef­fek. Daar­teen­oor is daar tal­le skrik­beel­de, soos “The Can­ker Man” – ’n lang, uit­ge­teer­de en grim­mi­ge spook wat soms eer­der lyk as­of hy in ’n vi­de­o­spe­le­tjie tuis­hoort.

Wat dié ril­ler red, is die feit dat die ver­haal min­stens ook ’n e­mo­si­o­neel-mens­li­ke kant be­sit. Jes­sie en Mark, wie se oor­le­de seun ter­loops ook sy ver­sky­ning maak, gaan deur moei­li­ke tye en wek min­stens die ky­ker se em­pa­tie.

Ja­cob T­rem­blay as Co­dy ver­leen ook sta­tuur aan Be­fo­re I Wa­ke, maar die hoe­veel­heid kuns­ma­tig ge­ge­ne­reer­de skrik­ver­wek­ken­de truuks kon nog in­ge­kort word. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.