Ge­nie se ver­stom­men­de wa­re ver­haal

Beeld - - Vrydag! - La­e­ti­tia Pop­le Dev Pa­tel ver­tolk die rol van S­ri­ni­va­sa Ra­ma­nu­jan Iy­en­gar in die bi­o­gra­fie­se dra­ma The Man Who K­new In­fi­ni­ty. Dev Pa­tel, Je­re­my Irons, S­te­phen Fry en Mal­colm Sin­clair. 10. 108 mi­nu­te.

Die brand­arm In­die­se k­lerk S­ri­ni­va­sa Ra­ma­nu­jan Iy­en­gar (Dev Pa­tel) van Ma­dras glo dat die go­de s­nags in ko­des met hom praat. Be­dags skryf hy die in­ge­wik­kel­de for­mu­les op straat­hoe­ke en teen mu­re neer. Men­se dink hy is gek. Hy sien eg­ter die lo­gi­ka van die heel­al daar­in en is kin­der­lik ver­won­derd en sy be­vin­dings be­ves­tig sy ge­loof op­nuut. Wat weet ie­mand wat op straat slaap, re­de­neer die ket­ters om hom.

The Man Who K­new In­fi­ni­ty van die re­gis­seur en draai­boek­skry­wer Matt Bro­wn is ’n sto­rie wat jy jou­self moet knyp om te glo. Dit is op die waar­heid ge­grond – S­ri­ni­va­sa Ra­ma­nu­jan Iy­en­gar se be­vin­dings word steeds ge­bruik in die on­der­soek na gra­vi­ta­sie­kol­ke – en sy aan­te­ke­ning­boe­ke word by sy al­ma ma­ter ten toon ge­stel.

Die ein­ste k­lerk sou knap voor die Eer­ste Wê­reld­oor­log die ge­leer­de wis­kun­di­ges aan die U­ni­ver­si­teit van Cam­brid­ge, daar waar Ne­w­ton aan­trek­kings­krag eeue ge­le­de ont­dek het, ore aan­sit. In so ’n ma­te dat hul­le in hul eie for­mu­les en waar­he­de twy­fel en baie wre­wel­rig vir hom ’n sit­plek tus­sen die gro­tes maak.

Hier ont­moet Ra­ma­nu­jan die B­rit­se wis­kun­di­ge G.H. Har­dy (Je­re­my Irons), ’n kort­ge­ba­ken­de a­te­ïs wat ver­bys­ter is deur die k­lerk se for­mu­les. Hy dring aan by die jong man – wat nie on­der­lê en on­der­skraag is deur ’n ri­gie­de a­ka­de­mie­se ag­ter­grond nie – om sy be­wy­se sum­mier op skrif te kry.

Die ky­ker be­leef die ne­de­ri­ge Ra­ma­nu­jan se vis-uit-die-wa­ter­ge­voel aan die u­ni­ver­si­teit – hy het sy jong bruid in In­dië ag­ter- ge­laat, hy eet nie vleis nie, sy ge­loof is vreemd, sy kle­re is aar­dig en sy uit­spraak is ge­rad­braak. Teen­oor hom sit die “old boys”, die knor­ri­ge pro­fes­so­re, ge­mak­lik ag­ter­oor in groot ka­mers met kag­gels ter­wyl huis­be­dien­des pan­tof­fels en gel­lings tee en “sim­pa­tie” aan­dra. Iets moet hier ver­an­der en die Eer­ste Wê­reld­oor­log breek uit, maar dit is maar net ’n deel­tjie van die tra­ge­die wat wag.

Die prent be­staan hoof­saak­lik soos Ron Ho­ward se A Beau­ti­ful Mind uit kop­werk en ka­rak­ters wat fron­send talm voor swart­bor­de met for­mu­les wat soos G­rieks lyk en dan skie­lik so ’n eu­re­ka-oom­blik kry.

Die vreug­de van die prent lê in Irons se be­heers­de spel, die sa­me­spel met Pa­tel en die on­waar­skyn­li­ke vriend­skap wat tus­sen hul­le ont­staan. Plaas dit teen ’n bre­ër raam­werk van die vreug­de van ken­nis.

Pa­tel het die rol van die ver­won­der­de sag­ge­aar­de nou al in die sak. Dink aan sy ver­tol­kings in Li­fe of Pi en Slum­dog Mil­li­o­nai­re; hier is hy ewe min­lik. Hy oor­rom­pel jou in el­ke raam­pie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.