Nie veel meer as vi­su­e­le ont­plof­fing

Beeld - - Vrydag! - Paul Boek­kooi Met o.a Ja­mes M­cA­voy, Mi­cha­el Fass­ben­der, Jen­ni­fer La­wren­ce, Ni­cho­las Hoult. Re­gie: Bry­an Sin­ger. 144 mi­nu­te. 13.

’n Mens het teen dié tyd en­si­klo­pe­die­se denk­pro­ses­se no­dig om al die X-Men- pren­te deeg­lik van me­kaar te on­der­skei. Die ver­fil­ming van ver­skeie an­der Mar­vel-stro­kies­prent­reek­se uit die ja­re toet ver­dring me­kaar dees­dae in die heb­sug­ti­ge stre­we na to­ta­le oor­heer­sing – pre­sies soos baie van dié e­pie­se ver­ha­le ook ver­loop.

Die jong­ste een, A­po­ca­lyp­se, is in baie op­sig­te nie dit waar­op ons ge­hoop het nie. Dit voel ook as­of die f­lieks se leng­te ver­der uit­dy ter­wyl die ver­haal­ge­ge­we en -ont­wik­ke­ling te in­een­ge­stren­gel raak. Jy hoop heim­lik dat se­ke­re ka­rak­ters wat in vo­ri­ge f­lieks deeg­lik ont­wik­kel is en as pro­mi­nent na vo­re ge­tree het nou as dui­de­li­ke rig­ting­wy­sers in die ver­haal se voort­set­ting sou kon dien. Maar nee, dit ge­beur sel­de.

Vi­su­e­le in­houd word, lyk my, be­lang­ri­ker as die ver­haal- of ka­rak­ter­ont­wik­ke­ling, soos in Jen­ni­fer La­wren­ce se ge­val. Haar rol van Ra­ven/Mys­ti­que is nou so ver­skraal dat sy s­kaars ses of se­we mi­nu­te op die skerm ver­skyn.

Hier­die keer kan ook Bry­an Sin­ger se re­gie nie kers vas­hou by sy vo­ri­ge suk­ses­se nie. Die ont­wik­ke­ling ver­loop traag en die ka­rak­ters val nie be­hoor­lik of na­tuur­lik in plek nie. Mid­del­langs ver­kry die ver­haal mo­men­tum, maar die slot­be­dryf be­staan uit on­op­hou­de­li­ke, aan­een­lo­pen­de en uit­put­ten­de ge­vegs­to­ne­le.

Die te­rug­keer van Ja­mes M­cA­voy (prof. C­har­les Xa­vier), Mi­cha­el Fass­ben­der (E­rik Lehns­herr/Mag­ne­to) en Ni­cho­las Hoult (Hank M­cCoy/Be­ast) gee stu­krag aan die aan­sien en pres­ti­ge wat steeds in die rol­ver­de­ling is. ’n Op­val­len­de uit­son­de­ring is Os­car I­saac in die rol van A­po­ca­lyp­se, ’n oor­bo­di­ge, per­soon­lik­heids­lo­se skurk wat hom be­sig hou met wê­reld­ver­nie­ti­ging en -oor­heer­sing, maar nooit laat blyk wáárom hy dit doen nie . . . Sy ka­rak­ter is pa­pier­dun. Die­self­de geld ook die oor­bly­wen­de skur­ke wat A­lex­an­dra S­hipp se S­torm, Ben Har­dy se An­gel en O­li­via Munn se P­sy­loc­ke in­sluit.

Soos sy voor­gan­ger, X-Men: Days of Fu­tu­re Past, is die jong­ste e­pi­so­de – néé, reu­se-e­pos – baie don­ker en hoogs ge­weld­da­dig, met heel­par­ty weer­sin­wek­ken­de to­ne­le. Die ou­der­doms­perk van 13 is eint­lik te vry­ge­wig.

X-Men- ver­slaaf­des sal en hoef hul­le geen­sins te steur aan re­sen­sen­te wat die jong­ste in­kar­na­sie af­kraak nie. Hul­le kan vry­wil­lig en na wil­le­keur vas­klou aan die on­der­hou­den­de ont­snap­ping­skap­su­le wat hul­le ge­mak­lik en kri­tiek­loos sal kan sluk. Dit is wat ver­sla­wing doen. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.