Wie is die wen­ner van ‘The Voi­ce’?

Beeld - - Vrydag! - Teré­sa Coet­zee

Die een ding wat elk­een van die agt fi­na­lis­te van ons land se eer­ste The Voi­ce- reeks ge­meen het, is dat hul­le al­mal ewe graag wil wen. En elk­een ver­dien dit.

Die fi­na­lis­te het ná af­loop van ver­le­de Son­dag se te­le­vi­sie­uit­sen­ding elk­een met oor­tui­ging aan Vry­dag! ver­tel waar­om die pu­bliek vir hul­le moet stem.

Die agt fi­na­lis­te wat die af­ge­lo­pe Son­dag aan­ge­wys is, is die twee vroue T­hem­be­ka Mn­gu­ni en Zoë Mo­di­ga, as­ook Ga­vin Ed­wards, Ver­non Bar­nard, C­le­mour N­go­be­ni, Ri­chard S­tir­ton, Al­mur Marais en Je­re­my O­li­vier.

U­ni­ver­sal Mu­sic Suid-A­fri­ka het ver­le­de week vir die top-13 deel­ne­mers die ge­leent­heid ge­gee om die lied­jies wat hul­le Son­dag ge­sing het, in ’n a­tel­jee op te neem en die mu­siek is op iTu­nes be­skik­baar ge­stel. Bin­ne 48 uur het so­wel die al­bum as die en­kel­snit­te bo­aan die tref­fer­lys van die amp­te­li­ke iTu­nes Suid-A­fri­ka ver­skyn.

Die 22-ja­ri­ge Ri­chard S­tir­ton se weer­ga­we van Si­mon & Gar­fun­kel se “The Sound of Si­len­ce” was heel bo­aan die lys, met Ga­vin Ed­wards se weer­ga­we van Cold­play se “Fix You”, kort op sy hak­ke op nr. 2.

Al­mur Marais het ook iTu­nes se top­tien ge­haal met “Hand in My Poc­ket” van Ala­nis Mo­ris­set­te, en Ver­non Bar­nard en T­hem­be­ka Mn­gu­ni het die top-40 ge­haal.

Fo­to: CATHY PINNOCK

Die to­p­agt deel­ne­mers van The Voi­ce South A­fri­ca. Son­dag word een van hul­le as die wen­ner aan­ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.