Sir­kus wat jou a­sem weg­slaan

Beeld - - Vrydag! - Deur Teré­sa Coet­zee Hoe het jy in die Aus­sie Ci­r­cus be­land? Ver­tel ons so ’n bie­tjie meer van die mens­li­ke ka­non. Is daar e­nig­iets waar­voor jy wél skrik? Wat doen jy wan­neer jy nie be­sig is om in ’n ver­to­ning op te tree nie. Die groot­ste voor­deel van jou

As daar een uit­stap­pie is wat jy en jou ge­sin maar ge­rus kan on­der­neem, is dit ’n be­soek aan die Aus­sie Ci­r­cus wat tans hier in Gau­teng toer. Hier­die sir­kus hou oud én jonk op die pun­te van hul stoe­le en die tyd vlieg let­ter­lik ver­by ter­wyl jy jou ver­stom aan die 25 ver­skil­len­de u­nie­ke to­ne­le.

Vol­gens Se­bas­ti­an Cas­sie, ’n ge­bo­re Suid-A­fri­ka­ner en die uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger van die sir­kus, be­staan die Aus­sie Ci­r­cus uit ’n span van 80 tot 100 le­de en el­ke vas­te­land in die wê­reld, bui­ten Ant­ark­ti­ka, word ver­teen­woor­dig.

“Ons toer met al ons toe­rus­ting, van die ten­te tot die ka­non, en ja, dis soms nog­al ’n groot lo­gis­tie­se uit­da­ging. Ons maak ge­bruik van trei­ne, ske­pe, vlieg­tuie en vrag­mo­tors om al ons toe­rus­ting oor die wê­reld heen te ver­voer,” sê Cas­sie.

Een van die hoog­te­pun­te van hier­die sir­kus is die feit dat hul­le glad nie die­re in die to­ne­le ge­bruik nie.

Die sir­kus bied let­ter­lik iets vir al­mal se smaak, of dit nou die hans­wor­se is (wat reg­tig snaaks is), of die gim­nas wat hoog in die lug sweef aan die sa­tyn­ban­de wat van die dak af kom. Vir die a­dre­na­lien­ver­slaaf- des is daar vier mo­tor­fiet­se wat in ’n staal­bal ver­by me­kaar swiep en na­tuur­lik is daar die mens­li­ke ka­non wat die waag­hals Luis Da­za (van Co­lom­bia in Suid-A­me­ri­ka) die lug in­skiet. (Iets wat ek nooit ge­dink het ek in my le­we sal aan­skou nie.)

Vry­dag! het die ge­leent­heid ge­kry om vir Luis, wat in die dor- pie Pu­ri­fi­ca­ción in Co­lom­bia groot­ge­word het, ’n paar vrae te vra: Ek het ba­sies in die sir­kus groot­ge­word en ons he­le fa­mi­lie het my le­we deur in die sir­kus ge­werk. Al­mal in my ge­sin was a­kro­ba­tie­se tou­lo­pers. Die ka­non is spe­si­aal vir my ge­bou en ek moet wel sê dat die mens­li­ke ka­non iets is wat ek nog nooit te­vo­re aan­ge­pak het nie. El­ke keer wat ek uit die ka­non ge­skiet word, is ui­ters op­win­dend! Ek is mal oor daar­die ge­voel van vrees en a­dre­na­lien wat deur jou lyf pomp.

“Die spoed waar­teen die ka­non my skiet, is 85 km per uur en af­han­gen­de van die groot­te van die plek, trek ek so­wat 18 m ver deur die lug.” Ek is baie bang vir slan­ge. Ons al­mal help met an­der wer­kies soos om die ten­te op en af te slaan en om se­ker te maak dat al die toe­rus­ting 100% werk. Al­les word min­stens drie keer na­ge­gaan.

As jy in ’n sir­kus werk, moet jy al­tyd fiks wees, so ek oe­fen tus­sen­deur en boon­op is ek die pa van jong dog­ter­tjies en hul­le hou my baie be­sig. My fa­mi­lie werk saam met my in die sir­kus, so ek kry ho­pe tyd om saam met hul­le deur te bring en deur die wê­reld te reis. Daar is niks van my werk waar­van ek nie hou nie.

) Die Aus­sie Ci­r­cus is nog tot Son­dag 22 Mei by die San­do­wn High S­chool in Sand­ton te sien en van 26 Mei tot 5 Ju­nie by Car­ni­val Ci­ty. Van 10 tot 19 Ju­nie is die sir­kus by die Wind­mill Ca­si­no in Bloem­fon­tein.

Só lyk die mens­li­ke ka­non waar­mee Luis Da­za die lug in­ge­skiet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.