Al die sei­soe­ne van Mar­ga van Rooy

Beeld - - Vrydag! - AJ Op­per­man Met ’n dwars­klap

’n Mens is erns­ti­ger as erns­tig as jy ko­mies wil wees. Nie­mand moet pro­béér snaaks wees nie. Jy moet werk­lik glo in die werk­lik­heid van jou si­tu­a­sie.

Mar­ga van Rooy meen in dié sta­di­um van haar ak­teurs­loop­baan kom sy voor an­der ver­eis­tes te staan. “Jy moet die woor­de nog kan ont­hou, die trap­pe nog kan klim . . . ” en sy lag.

“Ag, dis ge­luk­kig dat ’n mens in ’n loop­baan is waar jy nie hoef op te hou nie. Jy hoef nie af te tree nie, maar jy moet dit nog kan dóén. Dit is vir my heer­lik om saam met die jong men­se te werk.”

Sy woon in Jo­han­nes­burg meest­al om werks­re­des, ter­wyl al vyf haar kin­ders “ab­so­lu­te Ka­pe­naars” is.

Sy ge­sels warm en straal ’n rus­tig­heid uit.

Sy sit be­slis nie stil wat haar loop­baan be­tref nie.

Sy was pas by die Op­pi­wa­ter­kuns­te­fees waar sy in Le­fra Pro­duk­sies se klug Daa’ gaat die bruid op­ge­tree het. “Ek speel die ou­ma van die bruid, en die bruid kom nie tot trou nie, nè. Heel­tyd ge­beur iets wat die bruid ver­traag, en dit is die bruid se pa se skuld. Lieb Be­ster speel die ou­pa. En dis baie lek­ker dat Gert van Ton­der ook saam met ons speel. Hy is die brui­de­gom se pa.”

Van Rooy was ver­le­de jaar ook in ’n klug van Le­fra Pro­duk­sies, My boe­tie se boe­tie se boe­tie se ba­ba, te sien waar­in sy die maat­skap­li­ke wer­ker ver­tolk het.

Frans Swart, uit­voe­ren­de hoof van Le­fra Pro­duk­sies, het haar lank ge­le­de (“man, dit kan 15 jaar wees”) ge­vra om haar ver­to­ning Wor­sie se ma in S­prings te kom doen. La­ter het hy haar ge­na­der vir Boe­tie en toe volg Daa’ gaat die bruid!

Swart het haar ook ge­vra om haar Sto­ries van toe ons jonk was by die Op­pi­wa­ter-kuns­te­fees op te voer.

Sy doen al se­dert 2000 so­lo­stuk­ke. “Ek ver­meng ver­tel­ling met spel. Ek is lief vir die ou A­fri­kaan­se let­ter­kun­de wat ko­mies is. Hier­die spe­si­fie­ke stuk han­del so bie­tjie oor my le­we. Ek ver­tel ’n bie­tjie hoe ek van my eie le­wens­er­va­ring in­ge­werk het.”

On­der meer die er­va­ring van haar oud­ste kind, Hen­ri­ët­te, wat aan ski­so­fre­nie ly.

“Wat men­se ge­ïn­te­res­seer het, dink ek, was die boek ( In die ska­du van ski­so­fre­nie) wat ek en my dog­ter saam ge­skryf het. Dit bring na­tuur­lik ook ’n bie­tjie van ’n erns­ti­ge kant in die stuk in. Dis eint­lik ’n po­si­tie­we boek. Daar­die er­va­rings in teen­stel­ling met wat my ka­rak­ter El­la in Vet­koek­pa­leis sou er­vaar het, is baie in­te­res­sant, al moet ek dit self sê. Kyk, dis nie ’n saak om lig­te­lik aan te pak nie, maar die tyd was ryp om daar­oor te praat.

“Dis nou 30 jaar la­ter. My dog­ter is op ’n baie goeie plek. Sy het ’n werk. Sy is al 15 jaar ge­sta­bi­li­seer, en het in ’n prag­ti­ge mens ont­wik­kel.” Die ka­rak­ter waar­voor sy se­ker­lik die be­kend­ste is, is El­la in die Wil­lie Ester­hui­zen-reeks Vet­koek­pa­leis. El­la is Wor­sie se ma wat so dik­wels om­ge­krap en bit­ter is.

“Ja, hier­die ver­skrik­li­ke hel van ’n ge­boor­te waar­van sy al­tyd praat. Ek laat die men­se lag, want ek het dit nie self so er­vaar nie. Ek het vier nor­ma­le ge­boor­tes ge­had, al ding was net met die vier­de was daar skie­lik ’n vyf­de by . . .” en sy lag. “So, daar wás ’n ef­fen­se kom­pli­ka­sie.”

Vir Ester­hui­zen, wat haar seun ge­speel het, het sy ge­du­rig ge­klap, maar in werk­lik­heid kan sy net haar hoed vir hom lig.

“Hy het my vrees­lik baie re­gie ge­gee oor hoe El­la moes wees. Hy het dit vir al die ka­rak­ters ge­doen. Goed wat ons ge­voel het o­ver the top is. Wil­lie het men­se ge­druk, maar hy het ge­weet waar die af­sny­punt is. En dit is waar die ge­heim van Vet­koek­pa­leis lê. ’n Mens is erns­ti­ger as erns­tig as jy ko­mies wil wees. Nie­mand moet pro­béér snaaks wees nie; dis ’n an­der ge­heim. Jy moet werk­lik glo in die werk­lik­heid van jou si­tu­a­sie.”

Sy kan net dan­kie sê vir Ester­hui­zen wat vir haar hier­die rol ge­gee het. Sy noem dit haar Dul­cie van den Berghrol. “Jy weet, an­tie S­tie­nie van Ag­ter el­ke man. Ek is baie ver­skul­dig aan Vet­koek­pa­leis.”

Op haar vraag oor hoe­kom sy hom moes klap in die sto­rie, het Ester­hui­zen ge­sê dit is so­dat jon­ger men­se met Wor­sie kan i­den­ti­fi­seer. “En dit het ge­beur. Ek het met twee re­gis­seurs ge­werk wat se­ker as kin­ders of tie­ners Vet­koek­pa­leis ge­sien het. Henk P­re­to­ri­us ( Fa­nie Fou­rie’s Lo­bo­la) en E­tien­ne Fou­rie ( Die wind­pomp).”

Die wind­pomp is nog­al die soort werk waar­van sy hou. Tra­gie­se re­a­lis­me. “Ve­ral T­sje­chof en dié soort men­se. Ko­me­die kon ek ge­luk­kig ook doen. En ek ge­niet dit. Ek ge­niet ’n ge­hoor en ’n ge­hoor se re­ak­sie. Ek sien my meer as ’n ka­rak­terspe­ler, ek was nooit die ro­man­tie­se hel­din nie.” Haar ka­rak­ters is ook dik­wels moe­der­lik.

Te­rug­draai van die uur­glas

Sy het in 1964 vir Truk be­gin speel. Sy het ook dra­ma aan Tuk­kies ge­stu­deer (na­dat sy reeds ’n BA en HOD ge­had het). An­na Neeth­ling-Pohl en Fran­cois Swart was van haar do­sen­te.

“By Truk het ons ’n won­der­li- ke ge­sel­skap ge­had, maar ons was nie land­wyd be­kend nie. Ek het la­ter ma ge­word en dit voor­op­ge­stel, en ag­ter my man aan Kaap toe ge­trek waar hy ’n do­sent aan die U­ni­ver­si­teit van WesKaap­land (UWK) was. Ek het deel­tyds ge­vry­skut. In 1990, toe nog net die twee­ling by ons in die huis was, het ek vol­tyds by Su­kovs be­gin werk. Ons het toe in Bloem­fon­tein ge­woon.” As kind op Bur­gers­dorp het sy tuis­on­der­rig in ’n plaas­skool, wat haar ma be­dryf het, ont­vang. Haar pa, wat aan Kings­wood Col­le­ge in Gra­ham­stad skool­ge­gaan het, het die waar­de van En­gels op prys ge­stel en twee au pairs van En­ge­land laat kom om met hul­le En­gels te praat. “Een van daai tan­nies het vir ons so jonk soos ons was – ek was se­ker ne­ge of tien – A Midsum­mer Nig­ht’s D­re­am ge­lees. ’n Mens weet nie hoe be­land jy uit­ein­de­lik in ’n loop­baan nie, maar ek het net ge­weet toe ek dit be­gin doen het, dit is vir my.”

) Die fo­to is ge­neem by die 54 on Bath-ho­tel in Ro­se­bank.

) Daa’ gaat die bruid! is van 7 tot 19 Ju­nie in die Mar­di Gras­te­a­ter by Car­ni­val Ci­ty op die plan­ke. Swart het die oor­spronk­li­ke T­he­re Goes the B­ri­de deur Ray Coon­ey en John C­hap­man ver­taal. Daa’ gaat die bruid! se rol­ver­de­ling be­staan ook uit Ana van Ach­ter­bergh, Co­bus Ven­ter, De­brè Ros­souw, E­drien Eras­mus, Van Ton­der, Be­ster en P­hil­l­ru van Ach­ter­bergh. Swart is weer die re­gis­seur. Kaart­jies by Com­pu­tic­ket kos R160 tot R180.

Fo­to: BRENDAN CROFT CROFT

Mar­ga van Rooy is te sien in die klug Daa’ gaat die bruid!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.