Mu­siek uit­laat­klep vir sy hart­seer . . .

Ju­an Bou­cher se jong­ste al­bum, Kalm voor die s­torm, het bin­ne maan­de goue sta­tus be­reik, en sy naam is dees­dae op al­mal se lip­pe. Teré­sa Coet­zee het gaan uit­vind wie hier­die jong ster nou eint­lik is.

Beeld - - Vrydag! -

Ek sing nou al se­we jaar lank vol­tyds, en ek voel soos die ge­luk­kig­ste mens op aar­de. Ek doen pre­sies wat ek graag wil doen, en ek is el­ke dag dank­baar daar­voor.

Ter­wyl mu­siek dees­dae am­per die mees­te van die 32-ja­ri­ge Ju­an Bou­cher se tyd en ge­dag­tes in be­slag neem, was dit ’n klom­pie jaar ge­le­de eint­lik glad nie sy ding nie. Sy mu­siek­loop­baan het heel toe­val­lig vlam­ge­vat en dít eint­lik in die moei­lik­ste tyd van sy le­we.

Ju­an het ne­ge jaar ge­le­de lied­jies be­gin skryf na­dat sy 22-ja­ri­ge mei­sie tra­gies in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is.

“Ek moes ’n ma­nier vind om my hart­seer te be­woord en ’n uit­laat­klep vir my pyn te vind. Ek het die een lied­jie ná die an­der be­gin skryf, maar eint­lik nooit ge­dink dat an­der daar­na sal luis­ter of daar­van sal hou nie,” ont­hou Ju­an.

’n Paar jaar ge­le­de het hy be­sef hy het ’n he­le klomp lied­jies by­me­kaar­ge­maak. Die san­ger An­ton My­burgh, sy vriend, het hom oor­reed om ’n CD te maak.

In die­self­de tyd het sy lied­jie “Bring die wa­ter”, ’n groot tref­fer op ra­di­o­sta­sies ge­word en kort daar­na het hy die “Leeusong” vir die Leeus-rug­by­span ge­skryf. Ju­an is ge­vra om voor een van die groot rug­by­wed­stry­de sy lied­jie op die veld te gaan sing, en toe hy weer sien, was hy so be­sig om lied­jies te skryf en kon­sert te hou, dat dit sy vol­tyd­se be­roep ge­word het.

“Ek het my­self ge­leer ki­taar speel, en toe die mu­siek­gog­ga my eers byt, was sing al wat ek eint­lik wou doen.

“Die men­se in my tuis­dorp, Ve­ree­ni­ging, het my on­ge­loof­lik on­der­steun en die plaas­li­ke ra­di­o­sta­sie daar speel ge­reeld my lied­jies,” sê Ju­an.

An­der be­ken­de lied­jies wat uit Ju­an se pen ge­vloei het, is “Trek toe die gor­dy­ne”, “Sad, Sad Songs”, “Gee jou hart ’n breek” en “Kalm voor die s­torm”.

Laas­ge­noem­de lied­jie is ook die ti­tel­snit van sy vier­de CD wat on­langs be­kend ge­stel is.

“Ek is eint­lik maar ’n Bru­ce S­pring­steen- en Bon Jo­vi-aan­han­ger en dit is die soort mu­siek waar­na ek luis­ter. Ek sou graag my eie mu­siek ook daar­die in­slag wou gee,” sê hy.

Ju­an het self al sy mu­siek ge­skryf en hy sê hy pro­beer al­tyd iets vars en nuuts doen.

On­ge­kom­pli­seer­de le­we

Hoe­wel Ju­an steeds in Ve­ree­ni­ging bly, reis hy dees­dae die he­le land vol om kon­sert te hou en te sing. Hy is ’n fa­na­tie­se lig­gaams­bou­er wat tus­sen vyf en se­we keer ’n week oe­fen. Sy he­le le­wen­styl is daar­vol­gens aan­ge­pas.

(Sy rook­ge­woon­te is ’n ne­te­li­ge saak en hy praat eer­der nie daar­oor nie.)

“Ek sing nou al se­we jaar lank vol­tyds, en ek voel soos die ge­luk­kig­ste mens op aar­de. Ek doen pre­sies wat ek graag wil doen, en ek is el­ke dag dank­baar daar­voor,” sê hy.

Hoe­wel baie van sy lied­jies dans­mu­siek is, is Ju­an eint­lik op sy ge­luk­kig­ste wan­neer hy op die plaas of in die Bos­veld saam met sy fa­mi­lie kan kui­er.

“My le­we is eint­lik maar baie een­vou­dig. Ek sing, ek hou van braai, ek het twee Poin­ter-hon­de waar­oor ek gek is en die res van die tyd is ek in die gim­na­si­um be­sig om te oe­fen.”

Tyd vir ’n vas­te mei­sie is daar nie reg­tig nie, en as daar wel een is, ver­kies hy om dit stil en pri­vaat te hou.

Oor sy toe­koms­plan­ne sê Ju­an dat hy daar­van droom om sy stem­pel in die Suid-A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf af te druk. Hy streef daar­na om u­nie­ke mu­siek te maak, maar ve­ral mu­siek waar­van sy men­se hou.

Ju­an Bou­cher se vier­de CD, Kalm voor die s­torm, het bin­ne maan­de goue sta­tus be­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.