Help, ek sit vas! Ba­ba­re­nos­ter­tjie uit dam ge­red

Lees die vol­le ver­haal op

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

S­kaars ho­ër as ’n bak­steen en baie ver­we­se het ’n re­nos­ter­tjie des­pe­raat met plat po­te om le­we en dood aan die rand van ’n dam ge­klou.

Ma re­nos­ter het hul­pe­loos toe­ge­kyk, we­tend dat dié telg van haar nie kan swem nie.

Ge­luk­kig, voor­dat die klein­ding se kop on­der wa­ter sou ver­dwyn, het le­de van die Pro­track-teen­stro­pings­een­heid op­ge­daag.

G­len T­homp­son van Pro­track sê van hul le­de het Son­dag laat­mid­dag ’n plaas by Hoed­spruit, Lim­po­po, ge­pa­trol­leer toe hul­le op spo­re van ’n re­nos­ter­koei en haar kal­fie af­kom.

Hul­le het dit ge­volg om se­ker te maak die twee is vei­lig.

“Na­by ’n wa­ter­punt, ’n se­ment­dam, het hul­le wa­ter hoor spat. Hul­le het af­ge­kom op die kal­fie wat sy po­te oor die kant van die dam ge­haak ge­kry het. Die se­ment was eg­ter te glad om hom­self uit te trek,” sê T­homp­son.

Hul­le re­ken die wit­re­nos­ter­kal­fie is net drie we­ke oud.

Vol­gens T­homp­son val re­nos­ter­tjies soms in wa­ter as hul­le vir iets skrik en gly of as hul­le te woes speel.

Die wa­ter was on­ge­veer ’n half­me­ter diep. Die re­nos­ter­tjie het so erg ge­spar­tel om kop bo wa­ter te hou dat plas­se wa­ter om die dam ge­lê het.

In daar­die sta­di­um was Co­dy Went­zel, be­stuur­der van die plaas, op ’n wil­drit met gas­te. Hy het die pa­trol­lie­le­de se hul­proep oor die ra­dio ge­hoor.

Went­zel en van die Pro­trackle­de het die re­nos­ter­tjie se kop en maag op­ge­lig en hom uit­ge- trek.

“Dit het ’n goeie paar se­kon­des ge­duur voor­dat die klein­tjie weer ste­wig op sy poot­jies was en toe het hy soos blits na sy ma ge­hard­loop.

“Die re­nos­ter­koei was die he­le tyd daar na­by. Daar was dus die ge­vaar dat sy die hel­pers kon aan­val, maar sy het een­kant ge­wag, so as­of sy ge­weet het hul­le help,” sê T­homp­son.

Toe, in ’n storieboekeinde, het die koei met haar kalf teen die sons­on­der­gang in die bos­se weg­ge­draf, sê T­homp­son.

Die plaas word nie ge­noem nie weens die ge­vaar van stro­ping.

1

2

3

S­op­nat en moe­de­loos ge­spar­tel hang die on­ge­veer drie week oue re­nos­ter­kal­fie om le­we en dood aan die rand van die dam waar­in hy ge­val het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.